Boer in noppies met hommeltuig-prys

Deur Jan Bezuidenhout
28 Februarie 2017
Die wenner van die hommeltuig in Landbou.com en Haevic se boerepatent-kompetisie, is in sy noppies met sy prys.

Die wenner van die hommeltuig in Landbou.com en HAEVIC se boerepatent-kompetisie, mnr. HP Gräbe van die plaas Dassiespoort, Fauresmith, is in sy noppies met sy prys.

Gräbe het dié prys, ʼn DJI Phantom 4-hommeltuig, van dr. Gerhard Coetzee van Haevic ontvang en is terselfdertyd opgelei om dié tuig te kan gebruik. Sy wen-video is ʼn boere-oplossing vir probleme met windpomppype.

ʼn Opgewonde Gräbe het gesê die hommeltuig is “ongelooflik”. Sy plaas van 2000 ha bestaan uit heelwat ranteveld en rivierweiding, en hy moet gereeld na vee soek. Die hommeltuig maak dié soektogte heelwat makliker.

‘Afstand wat dit kan vlieg is ongelooflik’
“Die afstand wat die hommeltuig kan aflê – net meer as 2,8 km – is ongelooflik, teen ʼn spoed wat jou boonop verstom. As die hommeltuig agter ʼn koppie in beweeg (buite my sig) sal dit ʼn boodskap stuur dat die tuig gediskonnekteer is, maar dit kom dan outomaties terug na waar ek is.”

Gräbe het ook al pragtige foto’s met die hommeltuig geneem, ook van vriende se plaas naby Bloemfontein.

* Gräbe se wen-video is ʼn boere-oplossing vir probleme met windpomppype. (Sien sy wen-video hieronder.) Sy patent bied ʼn oplossing vir swaar ysterpype, met baie slytasie, wat jy in ʼn windpomp gebruik. Hy gebruik plastiekpyp van 60 mm en 32 mm, met ʼn staalstang binne-in. Die pype wat hy gebruik, is klas 20. Dit is die wand-dikte van die pype.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels