Deur ALANI JANEKE
31 Julie 2012

1825 keer gelees | 3 kommentaar

’n Boer wat vroeër vanjaar op sy plaas naby Bloemhof vermoor is, het al sy bates, ter waarde van R35 miljoen, aan ’n kinderhuis bemaak.


’n Boer wat sonder kind of kraai op sy plaas geleef en geen familielede gehad het nie, het al sy bates in sy testament aan die Abraham Kriel-kinderhuis in Potchefstroom bemaak.

Die waarde van die totale boedel is R35 miljoen. Mnr. At van der Merwe se regsverteenwoordiger sê volgens ’n berig op News24.com die kinderhuis sal sowat R30 miljoen ontvang.
 
Ná Van der Merwe se dood is sy nege plase en besittings vir R26 miljoen verkoop. Dít het nie sy inkomste vir sy oes, sy beleggings of sy voertuie ingesluit nie.
 
Van der Merwe is in April vanjaar wreed op sy plaas aangeval. Hy is met sy hande vasgebind op die vloer van sy studeerkamer op die plaas Leeubos gevind. Hy is aan ernstige kopbeserings dood. Lees meer oor die voorval hier.
 
Lê wakker
Me. Catharien Saayman, hoof van die kinderhuis, sê sy kan nie glo dat Van der Merwe sy boedel aan hulle nagelaat het nie. “Ek kon dit nie glo nie. Ek lê baie aande wakker, en elke nou en dan kyk ek na die testament op my bedtafeltjie. Ons is ongelooflik dankbaar.”
 
Van der Merwe het glo soos ’n kluisenaar op sy plaas geleef. Hy was nie getroud nie, en het nie kinders gehad nie. Sy twee susters is albei oorlede.
 
Geen verbintenis het tussen Van der Merwe en die kinderhuis bestaan nie. Hy het wel eenkeer opgemerk, toe hy gevra is om geld in ’n blikkie vir die kinderhuis te gooi, dat hy nie toe iets sal gee nie, want “eendag sal hulle genoeg kry.”
 
Niemand is nog in verband met sy moord aangekeer nie.

Bron: News24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


WILLIE

2012/08/01 12:48:24 AM

JA........NOOIT SAL MENS REGTIG WEET NIE.EK DINK,AT HET MET SOVEEL LIEFDE VIR KINDERS VAN SY EIE IN SY HART GELEEF,DAT HY SY "ALLES" AAN DIE KINDERHUIS GEGEE HET.NET MENSE WAT DIT VERSTAAN EN NIE DAAROOR TWYFEL NIE,IS IN PRESIES DIESELFDE BOOTJIE AS AT,VRA MY,EK EN MY VROU IS AL 22 JAAR KINDERLOOS EN GAAN PRESIES DIESELFDE DOEN,EENDAG.............


Clivé

2012/08/01 08:54:11 AM

Pragtige storie. Ja, sy hunkering was al die jare na kinders. Net jammer dat hy so wreed moes sterf!


Johan

2012/08/03 01:51:42 PM

Baie mooi, dit wat hy hier verloor het en gesoek het sal hy nou in die Hemel terug kry x 1000

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights