Deur ALANI JANEKE
10 September 2012

881 keer gelees | 1 kommentaar

Sowat R66 000 is ingesamel vir plaaswerkers in Zimbabwe deur ’n boer van dié land en sy twee seuns.


’n Avontuur om een van die vasteland se grootste panne met ’n houtvaartuig en vlieër oor te steek, het die Mike Campbell-stigting in staat gestel om sowat R66 000 vir plaaswerkers in Zimbabwe in te samel. Mnr. Ben Freeth, ’n voormalige boer van dié buurland, en sy 10-jarige en 12-jarige seuns, Stephen en Joshua, het dié reis verlede maand aangepak.

Die stigting is verlede jaar gestig ter herdenking van mnr. Mike Campbell, wat ’n vegter vir menseregte en teen grondgrypery in Zimbabwe was. Campbell het gesterf weens verswakte gesondheid nadat hy, Freeth en sy vrou op hul plaas in Zimbabwe geïtimideer en aangerand is.

Drie dae
Die Freeths het die Makgadikgadi-pan, wat 160 kilometer in radius is, binne drie dae oorkruis. Die span moes die tuisgemaakte gokart, wat die Mike Campbell Dune Dancer genoem word, vir sowat ’n dag lank oor die pan stoot omdat die wind hulle in die steek gelaat het.

Die pan is geleë op die grens van die Kalahari-woestyn in die noord-ooste van Botswana en die totale oppervlakte daarvan is 15 540 vierkante kilometer.

Freeth vertel in ’n brief dat die avontuur op die derde dag uitmergelend geraak het omdat die pan vir kilometers en kilometers aaneen sonder enigiets op die horison voor hulle uitgestrek gelê het. Hy sê hulle het op bitter min vorme van enige lewe in die pan afgekom.

“Daar is beslis dissipline daarin om aan te hou beweeg na niks toe nie. Die wiele draai in die rondte, en jou spore lê agter jou terug na waar jy begin het. Ná ’n tyd lank het die geselsery tussen ons opgehou soos wat ons daarop gefokus het om te stoot, een voet voor die ander in die groot onveranderlike pad voor ons,” aldus Freeth.

Doel
Die doel van die reis was om sowat R130 000 in te samel vir die plaaswerkers wat weens die grondgrypery in Zimbabwe haweloos gelaat is. Die geld wat wel ingesamel is, sal gebruik word om opvoeding, mediese dienste en opleiding aan die plaaswerkers te verskaf.

Die stigting het sowat R400 nodig om een gesin by te staan om vir hulself kos te kan voorsien. Met dié bedrag word saad, produksiemiddele en opleiding aan ’n gesin verskaf.

Dít stel die gesin in staat om vir ’n jaar lank na hulself om te sien, en om saad en geld vir toekomstige behoeftes te kry.

Mense wat steeds ’n donasie aan die stigting wil maak, kan www.justgiving.com/Mike-Campbell-Foundation besoek.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Juan

2012/09/10 09:42:36 AM

Is dit nie die verantwoordelikheid van Zim regering. Ja wel gedaan 'n goeie menslike gebaar.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights