2 Julie 2012

2506 keer gelees | 2 kommentaar

’n Jong boer van Bultfontein se liggaam is by ’n spilpunt op sy plaas gevind waar hy homself glo opgehang het.


’n Jong boer van Bultfontein se liggaam is Donderdag (28 Junie 2012) by ’n spilpunt in ’n land gevind ná ’n ure lange soektog na hom. Die 22-jarige Philip du Plessis het homself glo aan die spilpunt opgehang.

Luidens ’n berig in Volksblad is Du Plessis drie maande gelede met Marisna getroud. Sy ouers, Andries en Ansie, was ten tye van sy dood saam met ander familielede by die Kirkwood-wildsfees naby Queenstown. Die egpaar het ná hulle die nuus ontvang het, deur die nag teruggery plaas toe.

Geen misdaad
Sers. Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder,sê geen misdaad word vermoed nie en ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. Du Plessis is deur ’n soekgeselskap van boere gevind.

Du Plessis is deur sy vriende beskryf as iemand vol lewensvreugde. Hy laat ook ’n broer, Andries, en ’n suster, Charlene, agter.

Bron: Volksblad

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Danie

2012/07/02 10:09:45 PM

Ek dink die Kirkwood wildsfees is naby Kirkwood?


Susan

2012/07/06 12:05:22 PM

Danie, dis sommer op Kirkwood se skoolterrein...

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights