deur ALANI JANEKE
1 Oktober 2012

720 keer gelees | 0 kommentaar

Vier rowers, wat skuldig bevind is aan die moord van ’n boer van Mokopane, se vonnisse is elk langer as 140 jaar.


Die vier mans wat gevonnis is, was volgens ’n regter “tot die tande toe” gewapen. Elke lid van die groep is meer as 140 jaar tronkstraf opgelê. Tydens die voorval op 8 Augustus 2008 op die pad tussen Bloemfontein en Petrusburg is mnr. Piet de la Rey, ’n boer van Mokopane, in die bors getref. Hy is op die toneel dood.

Luidens ’n berig in Beeld was die vier rowers deel van ’n groep van 15 tot 20 rowers wat “met militêre presisie” ’n geldwa en die sekerheidsvoertuig wat dit begelei het, van die pad gestamp het en van sowat R2,5 miljoen probeer beroof het. De La Rey en sy 35-jarige seun Jean, wat saam met sy pa geboer het, het in die rigting van ’n voertuig met vier rowers gery toe hy in die bors geskiet is.

Vonnisse
Die Vrystaatse Hooggeregshof het Khethane Nkabinde van Krugersdorp verlede week 152 jaar lank tronk toe gestuur. Saam met dié vonnis is hy ook lewenslange tronkstraf opgelê. Papi Makgele van Sharpeville, Aubrey Dikobe van Pretoria en Orapeleng Mokgoje van Thaba Nchu is elkeen ’n vonnis van 147 jaar, asook lewenslange tronkstraf, opgelê. Die vonnisse sal samelopend met die lewenslange tronkstraf uitgedien word.

Die vier mans is op aanklagte van moord, vier aanklagte van poging tot moord en vyf aanklagte van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind. Nkabine se vonnis is vyf jaar langer omdat hy ook skuldig bevind is aan die steel van een van die voertuie wat tydens die rooftog gebruik is.

Die groep is ook skuldig bevind aan oortredings wat verband hou met die onwettige besit van wapens en ammunisie, asook vir oortredings ingevolge die Wet op Plofbare Stowwe.

Bron: Beeld


Kyk gerus na 'n kaart van Suid-Afrika om meer te leer oor misdaad-statestiek.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights