26 Oktober 2012

914 keer gelees | 0 kommentaar

Ná ’n staalpyp van ’n vragmotor geval het, het dit ’n boer van Viljoenskroon se bakkie se voorruit en sy skouer deurboor.


’n Boer van Viljoenskroon word in ’n Johannesburgse hospitaal behandel ná ’n pyp sy skouer tydens ’n fratsongeluk deurboor het.

Die 68-jarige mnr. Boet Roux was Donderdag (24 Oktober 2012) saam met sy vrou, Lynette, dogter en kleinseun van sy plaas na Potchefstroom onderweg toe die ongeluk gebeur het.
 
’n Staalpyp het van ’n aankomende vragmotor afgeval, en luidens ’n berig in Beeld het dit Roux se bakkie se voorruit, sy skouer en die bakkiesitplek deurboor. Die pyp is tydens ’n noodoperasie uit Roux se skouer verwyder.
 
Versplinter
Lynette vertel reddingswerkers het die pyp, met ’n deursnee van 35mm, met hidrouliese toerusting korter gesny en hy is met pyp en al hospitaal toe geneem. Ná die operasie fokus dokters tans op infeksiebestryding voor Roux se skouer behandel word. “Dis gebreek en versplinter waar die pyp deur is."
 
Niemand anders in die voertuig is beseer nie. Lynette sê haar eggenoot was baie dapper. “Hy het net gesê ‘eina, dis seer’, maar kalm gebly en van die pad getrek.”
 
Die vragmotorbestuurder het vermoedelik nie agtergekom dat die pyp van die vragmotor afgeval het nie, en aangery. Die voertuig en bestuurder word tans gesoek.
 
Bron: Beeld
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights