3 April 2012

1268 keer gelees | 4 kommentaar

’n Boer van Bloemhof is na bewering Maandag met sy hande vasgebind in sy huis doodgeslaan, sê SAPD.


’n Boer van Bloemhof is na bewering Maandagnag (2 April 2012) met sy hande vasgebind in sy huis doodgeslaan, sê die SAPD.

Luidens ’n verklaring is die 68-jarige mnr. At van der Merwe Dinsdagoggend (3 April 2012) op die vloer van sy studeerkamer op die plaas Leeubos gevind. Die Polisie is teen 07:30 van die voorval in kennis gestel.

Van der Merwe het na verwagting weens ernstige hoofbeserings gesterf. Die huis is “omgekeer” deur die verdagtes. Die Polisie sê dit is nie duidelik wat alles gesteel is nie aangesien die huis “baie deurmekaar” is.

Onbekende
’n Onbekende aantal verdagtes word gesoek. Die verdagtes het met Van der Merwe se silver Rav4, registrasienommer FTY 116 NW, op die vlug geslaan.

Die Polisie versoek enigiemand wat dié voertuig opmerk, om hulle te kontak en nie die verdagtes te konfronteer nie, want hulle kan gewapen en gevaarlik wees. Die kontaknommer is 08600 10111.

Klagte van moord, huisroof en diefstal word ondersoek.

3 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van Blerk

2012/04/04 03:37:37 PM

Roof ? Nee asb , moet ons nie vertel dis roof nie. Enige dwaas kan sien hierdie is nie roof nie. !! Raak wakker asb die sogenaamde "navorsers" wat hierdie as roof probeer uitmaak.


Onbekende besoeker

2012/04/04 10:22:34 AM

Dankie dat daar 'n GOD is wat reg sal laat geskied.


Elna Wondergem

2012/04/04 07:41:35 AM

Nog 'n boer... hoeveel nog ...


Alani Janeke

2012/04/03 08:57:09 PM

Laat berig: Die Polisie het 'n tweede verklaring uitgereik waarin Van der Merwe se ouderdom van 46 na 68 jaar verander is.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights