Deur ALANI JANEKE
19 Junie 2012

1236 keer gelees | 1 kommentaar

Ná ’n hofstryd oor die dood van ’n veedief vir sowat twee en ’n half jaar voortgesleep het, kan ’n boer van Koster met sy lewe voortgaan.


’n Veeboer van Koster se lewe het sowat twee en half jaar gelede ingrypend verander ná ’n veedief in ’n skermutseling tussen boere en verdagtes doodgeskiet is. Mnr. Wilhelm Rochér, voorsitter van die TLU SA se wes-streek, is kort ná die voorval op 22 Januarie 2010 in hegtenis geneem.

Luidens ’n berig op Nuus24.com het ’n landdros onlangs in die Koster-landdroshof ontslag aan Rochér toegestaan. In sy uitspraak het die landdros gesê die polisie het swak ondersoekwerk gedoen, verskeie aspekte is nie ondersoek nie en die polisie het geen bewyse gehad om die klag teen Rochér te steun nie.

Rochér was die dag voor sy in hegtenisneming die slagoffer van veediefstal met twee van sy beeste wat geskiet en geslag is. Die distrik is vir ’n tydperk van 13 maande deur erge veediefstal geteister, met boere in die omgewing wat sowat 90 koeie, of R1 miljoen, verloor het.

Patrollie
Die boere in die omgewing wou patrollie ry, en Rochér het aangedui dat hy die vroegoggend skof sou vat. Tydens Rochér se skof het veediewe weer toegeslaan, en werkers het aangedui dat hulle ’n voertuig in die veld gesien het.

Ander boere was reeds by die voertuig toe Rochér daar aangekom het. “Toe ek stilhou, het ’n skoot geklap en ’n man het (tussen die bosse) uitgekom. Een van die ander boere het ’n verdagte (wat sedertdien skuldig bevind is) vasgehou. Ek het na die man wat uitgekom het, gegryp, maar hy het losgeruk en weggehardloop. Ek het waarskuwingskote geskiet en die man het oor ’n heining aan die linkerkant geklim.” Die man wat gevlug het, is later dood gevind.

Rochér sê hy het besef ’n mens het ’n verantwoordelikheid om jou besittings binne die perke van die wet te beskerm. “Wanneer jy weet jy het nie verkeerd gedoen nie, moet jy glo. ’n Mens moet jou ook nie laat intimideer nie.”

Bron: Nuus24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Gatvol

2012/06/20 12:42:20 PM

Wat staan mens te doen as jou eiendom en besittings geplunder word. Daar word n groot boehaai gemaak van witrenosters, eienaars mag LM 5 gewere aanskaf en die media loop oor daarvan. Daar word aangeneem dat n wilddief gewapen is, dis te verstane. Mag n veedief met n wapen dan nie op dieselfde manier hanteer word as n renosterstroper in die Krugerwildtuin nie. Die vee op my plaas voed my gesin en al my plaaswerkers. Ek is moeg van waarskuwingsskote skiet.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights