deur ALANI JANEKE
24 Januarie 2011

2016 keer gelees | 0 kommentaar

Die georganiseerde landbou in die Oos- Kaap het ernstige bedenkinge oor planne van oliegroepe om vir skaliegas in die Karoo en die Oos-Kaap te soek.


Die georganiseerde landbou in die Oos- Kaap het ernstige bedenkinge oor planne van oliegroepe om vir skaliegas in die Karoo en die Oos-Kaap te soek. Skaliegas is aardgas wat in diep, ondergrondse skalierots vasgevang is.

Volgens die webblad www.news24 is hidrouliese breking die enigste manier om dit te ontgin. Hidrouliese breking behels die maak van krake in die rots. Dan word ’n mengsel van water, sand en chemikalieë teen hoë druk met tussenposes in ’n horisontale tonnel in die rotslae gespuit.

Besoedeling

Die proses verg ook groot hoeveelhede water. In Amerika, waar die tegnologie die afgelope dekade in die Midde-Weste gebruik word, het kommer ontstaan oor die besoedeling van grondwater weens die chemikalieë wat in die proses gebruik word.

“Ek voel soos die meeste boere. Wat gebeur as hulle hier op jou plaas boor en daar is ’n ontploffing? En wat van ons boorgate?” wil mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, weet.

Pringle sê sy organisasie is nog nie amptelik in kennis gestel van die oliegroepe Shell, Falcon en Sasol se vennote, Statoil en Chesa peake Energy, se voorneme om gasbronne in die Karoo en dele van die Noordoos-Kaap te soek nie.

Gevaarlik

Luidens ’n berig op News24 het ’n boer in Pennsilvanië se beeste siek geword nadat hulle giftige afvalwater van ’n skaliegasprojek gedrink het. Shell het intussen bekend gemaak dat openbare vergaderings teen die einde van die maand op onder meer Hofmeyr, Victoria- Wes, Loxton, Beaufort-Wes, Graaff- Reinet, Murraysburg, Somerset-Oos, Port Elizabeth, Kaapstad en Sutherland gehou gaan word.

Pringle sê verteenwoordigers van Agri Oos-Kaap wil die vergaderings bywoon en gaan indringende vrae stel. “Die vergaderings is een saak. Om alternatiewe te vind, is egter ’n ander. Daarom sal ’n impakstudie deur onafhanklike kundiges nodig wees,” het hy gesê.

24 Januarie 2011
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights