Deur ALANI JANEKE
17 April 2012

666 keer gelees | 1 kommentaar

Die koste van waterinfrastruktuur laat boere bekommerd oor stygende pryse vir water en gevolglik voedsel, sê Agri SA.


Die koste van waterinfrastruktuur laat boere bekommerd oor stygende pryse vir water en gevolglik voedsel, sê Agri SA.

Luidens ’n berig in Volksblad het me. Edna Molewa, Minister van Waterwese en Omgewingsake, aangedui dat beleggings van sowat R573 miljoen oor die volgende tien jaar in waterinfrastruktuur nodig is.

“Dit sluit in beleggings in nuwe infrastruktuur, soos nuwe damme, asook die verbetering van bestaande infrastruktuur,” sê Molewa. Sy het ook aangedui dat die landbousektor vir sowat 62% van Suid-Afrika se totale waterverbruik verantwoordelik is.

Mnr. Trevor Balzer, bedryfshoof van die Departement van Waterwese, sê die geld wat die departement in dieselfde tydperk van die tesourie gaan ontvang, sal slegs 44% van dié uitgawes dek.

Prysverhogings
’n Tekort van 56% moet dus aangevul word, en volgens Balzer is die departement reeds besig om ’n raamwerk op te stel wat toekomstige tariefverhogings sal bepaal. Die raamwerk sal deel vorm van ’n beleid wat sal help om watertariewe te standaardiseer. 

Molewa het aangedui dat die tariefverhogings moontlik bo inflasie sal wees, maar dat die armes beskerm sal word.

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê dié aankondiging is “regtig slegte nuus. Boere sukkel reeds met hoë dieselpryse, hoë elektrisiteitspryse en ander produksiekoste wat die laaste tyd skerp gestyg het. Dit maak dit toenemend moeilik vir boere om winsgewend te bly. As die koste van water ook nog gaan styg, kan dit beteken dat sekere bedrywe net nie langer volhoubaar sal wees nie.”

Intussen het mnr. Nic Opperman, direkteur van natuurlike hulpbronne by Agri SA, aan Landbou.com gesê dat geen formele aankondigings oor watertariewe nog gedoen is nie.

“Ons het wel in ons voorstel oor tariewe vir ’n 10%-verhoging gevra.” Hy het gereageer op opmerkings van bekommerde boere dat gerugte van stygings van tot 45% die ronde doen.

Bron: Volksblad

17 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


AJW vd Merwe

2012/04/18 07:16:48 AM

Hierdie verhogings tesame met die onbeheersde stygings in elektrisiteit,brandstof, lone(verhogings deur die minister bepaal)chemiese middels en kunsmis lui die einde van klein en medium besproeiingsboerdery in SA in.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights