Deur ALANI JANEKE
16 Julie 2012

1361 keer gelees | 3 kommentaar

Die laagste temperatuur wat vanjaar op Molteno, een van die koudste plekke in die land gemeet is, was -12,8 grade Celsius.


Bitterlike koue weer het verskeie dele van die land die afgelope naweek in sy greep gehad, maar dit was nie die koudste wat dit nog vanjaar was nie. Mnr. Sandy Stretton, wat op die plaas Buffelsfontein buite Molteno boer, sê hy het einde Mei vanjaar -12,8 grade Celsius gemeet.
 
“Dit is net wanneer uiterste windstiltoestande met geen vog voorkom wat dit regtig koud word. Ons het die afgelope naweek nie sulke drastiese temperature beleef nie. Die koudste wat ek gemeet het, was Saterdag (14 Julie 2012) toe dit -8,5 grade Celsius was.” Stretton vertel dat die maksimum temperatuur Saterdag -2,5 grade Celsius was.
 
Weerlig en donderweer
Volgens Stretton was die mees uiterste weer wat hulle die naweek ervaar het, weerlig en donderweer wat tydens ’n sneeustorm Saterdagaand voorgekom het. Stretton boer met skape en beeste, en hy sê hy het geen probleme met sy vee gehad nie, en geen verliese is aangeteken nie.
 
Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê ’n opname word tans gedoen om moontlike skade in die provinsie te bepaal. “Ek dink wat vanjaar ’n groot verskil gemaak het, is die feit dat waarskuwings oor die koue betyds uitgestuur is. Boere het vier dae gehad om hulle voor te berei om diere te beskut en dies meer.”
 
Pringle sê hy het ook Saterdagaand, vir vier ure lank, ekstreme weerstoestande beleef. “ ’n Baie sterk wind het gewaai en sowat 40mm reën het in daai tyd geval, terwyl sneeu op die hoërliggende dele voorgekom het.”
 
Vee
Volgens Pringle verwag hulle nie dat erge skade in die provinsie voorgekom het nie. “As daar veeverliese was, verwag ons dat dit wel in die stadium van die ekstreme weer sou wees.”
 
Mnr. Barries Snijman, voorsitter van die Rietbron-sybokhaarkwekersvereniging, sê hy Angoraboere het nog geen verliese aangemeld nie. “Ek het al met die meeste boere wat verlede jaar groot verliese gehad het, gesels, maar ek dink die ouens was goed voorberei.” Boere in die distrik het verlede jaar 5 000 Angorabokke weens erge koue verloor.
 
Intussen sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog by Santam Landbou, nog koue sal die land dié week teister. Hy sê hoewel dagtemperature later in die week sal styg, sal die nagte nog koud bly. “Nóg koue word die komende naweek verwag, maar dit sal nie so erg wees soos die afgelope naweek nie. En dit lyk ook of toestande die week daarna vinniger sal herstel,” aldus Van den Berg.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/07/17 10:17:47 AM

Alani - kan mens hierdie vir iemand per email aanstuur -is hier so 'n link - groete - butch


corlivdm

2012/07/17 12:28:45 PM

Butch, ons het nie 'n direkte drukfunksie nie maar jy kan wel die teks nie 'copy en paste' en dan aanstuur. Groete, Corli


butch

2012/07/17 05:36:19 PM

thanx Corli - baie dankie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights