Deur NICO VAN BURICK
13 Junie 2012

1889 keer gelees | 9 kommentaar

Die Lamborghini’s van die toekoms gaan deur boere gery word omdat dit ván die gesogste beroepe ter wêreld gaan wees, sê dr. Roelof Botha, bekende ekonoom.


Botha het op Mpumalanga Landbou se jaarkongres die skaarsheid aan goeie boere toegeskryf aan die verskeidenheid van vaardighede wat hulle moet hê.

“’n Tipiese boer vandag is nie net ’n landbouer nie, hy is ekonoom, veearts, dokter, dominee, onderwyser en selfs ingenieur, ’n beroep wat uiters skaars is. Volgens ’n wêreldvooruitskouing gaan boere oor 10, 20 jaar die Lamborghini’s ry en nie meer die ‘whiz kids’ en bankiers nie. Suksesvolle kommersiële boere is nie net skaars in Suid-Afrika nie, hulle is regoor die wêreld skaars.”

Hy sê dit gaan baie beter met die ekonomie as wat mense dink. “Ons het verlede jaar afgesluit met ’n rekordhoë gemiddelde, reële persoonlike besteebare inkomste in die land. Dit het gestyg van R24 000 tot R34 000 en dit kan binnekort R40 000 word. Dit beteken ’n groter vraag na die toegevoegde waarde-komponent van landbouprodukte en dit is goeie nuus vir landbou.”

Feite
Hy sê sy optimisme spruit uit feite. Dit is die elfde agtereenvolgende kwartaal wat die ekonomie groei, kleinhandelverkope op ’n rekordvlak lê, nuwe voertuigverkope baie goed styg, die Johannesburgse effektebeurs goed herstel het, inflasie daal en die rentekoers nie gaan styg nie. Hy sê dit is alles aanduidings dat dit eintlik goed gaan en vorentoe net beter sal raak.

Mnr. Koot Claassen, wat as voorsitter van Mpumalanga Landbou uitgetree het, het in sy laaste voorsitterrede ook oor die landbousektor se potensiaal gepraat en gesê vir alle lande is voedsesekerheid van deurslaggewende belang en regerings besef dit. Hy sê volgens die Wêreldbank sal daar in die volgende 50 jaar meer voedsel geproduseer moet word as alle kos wat saam die afgelope 10 000 jaar geproduseer is.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Miskruier

2012/06/13 10:17:03 AM

Ek stem nie saam nie. Jy hoor deesdae ekonome wat voorspel dat die wereldpopulasie oor die volgende 20 jaar gan groei, en dat die mense ryker word, en dat boere baie beter gan vaar in die toekoms. Goed en wel, mar wat van die laaste 20 jaar? Die populasie het ook gegroei, en die mense het ook ryker geword. Dit is dalk waar dat die landbou meer geld gemaak het, mar die geld is gemaak deur almal in die waardeketting en nie die boer nie. Bravo 6 oor en uit


Loots van Rensburg

2012/06/13 11:19:35 AM

Ek stem saam, boerdery en boere daarmee saam is besig om baie vinnig van die mees gesogte bedrywe in die wereld te word. Ons moet egter daarteen waak dat groot maatskapye nie hierdie bedryf oorneem soos reeds jare terug gebeur het met mynbou en soortgelyke bedrywe nie. Ons moet boerdery in die boere se hande hou anderds gaan ons kinders eendag net werkers wees op die plaas wat eens op n tyd aan hulle familie behoort het.


mkruger

2012/06/13 12:47:13 PM

Die voorspelling is 100% reg. Plaas eenhede word groter en boere word minder Maw boerderye gaan in die toekoms maar in die hande van groot boere/maatskappy beland. En wie ry tans die duur karre. Die maatskappy "eienaars"


butch

2012/06/13 01:10:21 PM

Dr Botha - die meeste boere gaan vir jou se dat die lamborghinis gery sal word deur die insetmpye en retaliers. Boere is hulle subkontrakteurs wat gebruik word om hulle te verryk - baie eenvoudig - wat is die antwoord op die feit dat saad- , kunsmis- chemiese mattskappye van die grootste entiteite in die wereld geword het - daardie geld is uitgeboer op die boer se grond , deur die boer. Wat is die rede vir die skokkende selfmoordsyfer onder Amerikaanse boere ? Die Chinas wie se arbeid verniet werk, sal dit dalk regkry, maar nie ons boere onder hierdie omstandighede nie.


FC Bester

2012/06/14 08:03:55 AM

Dr Botha, ek boer nou al 21 jaar met koring en skaap op groot skaal, maar al lamborghini wat ek ooit sal ry is die rooie in my wildste drome. Lekker droom.


Cattle Baron

2012/06/15 12:18:33 PM

Dr Botha, dit is darem gelukkig dat Lamborghini nou reeds trekkers bou. Dit is al manier dat n Suid Afrikaanse boer die gesogte voertuig naam sal ry! Die uitsondering in ons land sal miskien wees die polities goedgekoppelde "city boer" wat land gekry het omdat hy die regte velkleur het en "clever" genoeg was om n Mercedes vir sy Afrikaner voorman aan te bied.


Chris van Niekerk

2012/06/15 05:47:21 PM

Die hoeveelheid vliegtuie by NAMPO maak van Lamborghini koop mos nou n ou lammetjie !!!!


Lampies

2012/06/23 11:17:26 PM

Die paaie is te sleg vir sulke rygoed. Die boere sal maar by bakkies bly


Christo vd Burgh

2012/06/26 08:20:30 AM

Dr Botha.....al is daar baie komentaar oor jou artikel is dit nooit sleg om te mik vir die sterre nie....want die minste wat kan gebeur is jy tref dalk die maan! DROOm en droom groot, want niemand gaan dit vir jou doen nie. net om jou eie ding te kan doen elke dag as boer maak my klaar n ryk man...Skoon water, die beste vleis beskikbaar...en groei my eie groente...Maak nie saak watter beroep jy het nie, jy moet nog steeds elke dag opstaan en jou gat af werk - so boere - trek daai werk boots aan - bid vir wysheid en Insig - vertrou dat jou lewe n plan het - werk met passie - en wees dankbaar! en Mnr Botha...daai duur kar is darem n Baie slegte belegging...net omdat daar nerens is om hom te ry nie....

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights