Deur ALANI JANEKE
1 November 2012

1609 keer gelees | 7 kommentaar

Die vraagstuk oor die jag en vang van roofdiere het dié week reaksie uitgelok ná ’n insetsel op 50/50.


Boere wil met natuurbewaringsorganisasies saamwerk om te verseker die beste metodes word gebruik om die impak van roofdiere op veeverliese te beperk, sê mnr. John Durr, voorsitter van die Wes-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).

Hy sê hulle is ten gunste van die gebruik van die sogenaamde beenhoutoestel oftewel soft trap om roofdiere te vang, en die wegdoen van die ou slagysters. Dié toestel word ook deur Kaapse Natuurbewaring aanvaar as ’n metode om roofdiere van kant te maak.
 
Die kwessie van die jag van roofdiere, die gebruik van vangtoestelle en die impak wat roofdiere op veeverliese het, is dié week weer aangeroer in ’n insetsel van die aktualiteitsprogram 50/50. Volgens dié program het jakkalse, rooikatte en verskeie ander roofdiere 350 jaar laas sonder sorge in die Wes-Kaap voorgekom.
 
Die program het onder meer gefokus op die gebruik van die beenhoutoestelle asook op bewerings dat boere tientalle jakkalse of rooikatte per jagsessie van kant maak. In antwoord op die jagbewerings sê Durr: “Nee, een man kan sowaar nie soveel diere op een slag doodmaak nie. Ek kan my nie indink hoe dit moontlik sal wees nie, en ek het ook nog nooit daarvan gehoor nie.”
 
Hy sê dit kan moontlik wees as tien mense, byvoorbeeld lede van ’n jagklub, saam jag. “Maar die jagklubs bestaan lankal nie meer nie.”
 
Reaksie
Die program het ook reaksie onder Landbouweekblad se Facebook-gebruikers uitgelok. Hier is van die kommentaar wat op die blad geskryf is:
 
Mnr. Martien Roux sê: “En as die mens nie orde bring in daai roofdiere nie, wat (gaan) hulle anders onder beheer bring? Want wat moet ek as skaapboer doen wat elke aand 5 tot 8 lammers verloor? Al wat ek vra, vat by daai groen mense of wie hulle ookal mag wees net ’n R1 000 ’n maand weg en hoor hoe spring hulle in die lug op.”
 
Volgens Karin du Preez Miller bestaan ander metodes: “Ek het gekyk en amper begin huil toe ek die ‘soft trap’ sien!! Dis mos onmenslik! Ons buurman gebruik radio's wat heelnag speel en hy het bitter lank laas skape as gevolg van roofdiere verloor!”
 
Me. Drienie Rautenbach vertel dat sy tans 500 ooie het wat lam, en dat sy Dinsdag, 30 Oktober 2012, ’n tweeling-lammers weens ’n jakkals verloor het. “Moet ek dit los? Mense wat dink hulle leef na aan die natuur om jakkalse te ‘‘bewaar’’ is so ver van die waarheid af, dis om van te skree! Ek het my pa gekry om my te help (om) jakkalse te jag, en nie in die dag nie, jy kry hom in die nag. Wens daai mense met hul bewaring kan een oggend saam met my loop ooie toe en sien hoe blêr en soek daai ooi haar lammers! Dalk sing hulle ’n ander liedjie! Sover ek kan, sal jakkalse vrek! Dit geld vir rooikatte ook!”
 
Op sy beurt vra mnr. Johan Rautenbach: “Ek hoor (dr.) Bool Smuts (direkteur van die Landmark-stigting) sê in die program ‘boere stel slagysters vir ekonomiese gewin’. Wat beteken dit? Ek wonder of hy diefwering of ’n alarm in sy huis het. Of moet mens nie iets doen om jou goed te beskerm nie?”
 
Bronne: Facebook - en  50/50
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


louis du Pisanie

2012/11/01 04:45:59 PM

Hulle se boerdery grond vat jakkals en rooikat habitat weg maar noem niks van die stede en dorpe wat heeltemal hul habitat vernietig


WP Strauss

2012/11/02 09:15:13 AM

As die persone wat verantwoordelikheid aanvaar vir die beskerming van die habitat, ook verantwoordelikheid aanvaar vir die verliese wat deur roofdiere veroorsaak word, sal ons as boere hulle bystaan in die beskerming van hulle habitat, maar op die oomblik betaal veeboere alleen vir die beskerming van hulle habitat.


mkruger

2012/11/02 10:28:17 AM

Daar is 'n maklike oplossing. Regering moet 'n "roofdierwag" begin en die dorpsjapies wat so kla moet dan "opgeroep" word om die plase te patrolleer en die roofdiere dan mooi te vra om nie skapies te vang nie. En as hulle dit nie wil doen nie moet hulle stilbly. Wat se hulle: as jy wil kla moet jy nie deel van die probleem wil wees nie maar eerder van die oplossing....


chris

2012/11/02 01:40:16 PM

Ek boer tans vir 'n skaap en bees boer in Australia,het self op die hoeveld met skaap en bees geboer.Mens sien nou eers wat die skade is wat jakkals en Rooikat jou aanrig as mens die speen % van ons hier in AUS vergelyk met wat ons in suid afrika gekry het.Die impak van die roofdiere is groter as wat die groenes besef...PS..Ons speen tans so 125% op 5300 ooie, verliese is minder as 1%..hier voorsien die regering gif om probleem diere soos foxes en varke te beheer.dis gratis dit is 'n diens wat hulle verskap,in samewerking met die boer..groete en sterkte..


Pieter Joubert

2012/11/03 03:20:25 PM

Kan die mense hulle nie asb. besig hou met dit wat regtig saakmaak nie ,waarom gaan kyk julle nie n bietjie wat gaan in die lokasies aan as julle regtig dieremishandelig wil sien . Maar julle is te bleddie bang om daar in te gaan ! Los ons boere dan ons kan aangaan met ons werk , ons weet wat ons doen en is net besig om te veg vir oorlewing . Wat sal julle se as daar elke jaar tussen R 500'000 en 600'ooo van van jou bates vedwyn ? Sal jy dit probeer beskerm of nie ? In die jare 50 / 60 s is ons deur die staat betaal om ongedietes uit te roei en die probleem het net eskaleer en is nou besig om hande uit te ruk !! As jy vanaand op jou kneee gaan se dankie vir ons liewe Vader dat jy kos op die tafel gehad het en dat hy jou asb moet beskerm as jy more in die lokasie gaan kyk wat daar aangaan !!


Wynand

2012/11/04 12:32:10 PM

Hulle moet maar die jakkalse as troeteldiere vir die tree huggers gee dan kan hulle skape koop en deur die jakkalse laat opeet. Dan sal hulle besef wat kos dit. Hoekom hoor ek hulle nie optree teen renosterstropers nie, maak eerder daaroor boehaai.


Juan Venter

2012/11/05 08:43:54 AM

Ek wens iemand wil vir die groenes vra of hulle muise en rotte ook sal los indien die knaagdiere in hul huise intrek en die koskaste as voedselbron gebruik? Indien nie, watter metodes word gebruik om van knaagdiere ontslae te raak? Het die mense diewering en alarms in en om hul eiendom of mag almal op straat van hul kosbare besittings kom vat elke nag?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights