Deur THEUNS BOTHA
15 Junie 2012

1285 keer gelees | 0 kommentaar

Swak dienslewering en ’n tekort aan geld om ’n brug by Post Retief in die Oos- Kaap te herstel, het boere in die omgewing genoop om self die brug te herbou.


'n Brug op mnr. Christo van der Walt se plaas Skurwekop het op 9 Junie verlede jaar tydens ’n vloed weggespoel.

In Februarie het hy, sy vrou, haar ma en twee werkers ’n noue ontkoming gehad toe hulle die rivier wat in vloed was, wou oorsteek en die trekker met sleepwa byna weggespoel het.

Ondanks herhaalde vertoë wat die landbouvereniging Post Retief aan die Oos-Kaapse departement van vervoer gerig het, kon geen definitiewe antwoord kry wanneer die brug herstel sou word nie.

Nuwe brug

Drie weke gelede het nege boere van die omgewing wat daagliks die pad gebruik, egter besluit om ’n nuwe brug te bou. Dit het hulle sowat R50 000 gekos. Maar net twee dae ná die nuwe brug voltooi het, is hulle in kennis gestel dat die Oos-Kaap se departement van vervoer ’n kontrak van R250 000 goedgekeur het om ’n nuwe brug te bou.

“Ons weet nie of die Departement ons sal vergoed vir die werk wat ons gedoen het nie. Die brug wat ons gebou het, is baie sterk. Indien die departement dit nie doen nie, hoop ons dat die geld gebruik sal word om die pad op die sirkelroete te herstel wat in ’n baie swak toestand is,” sê Van der Walt.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights