Deur ALANI JANEKE
20 Julie 2012

717 keer gelees | 1 kommentaar

Verbruikers moet die pryse van produkte op winkelrakke bevraagteken en die beste gehalte teen die beste prys soek, sê ’n veeboer.


“Een van ons grootste dilemmas is dat stedelike vleisverbruikers nie slim koop en hul inkopies vooruit beplan nie.
 
“Hoeveel mense in stede weet werklik hoeveel hulle vleis per kilogram kos, en hoeveel gaan soek werklik op ’n ander plek as hy meen sy supermark of slaghuis se prys is te hoog?”
 
Mnr. André Ferreira, voormalige voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, meen as verbruikers beter ingelig word, kan hulle wat vleispryse betref druk op supermarkte en die kleinhandel uitoefen. Dít kan lei tot laer vleispryse, wat die verbruik van vleis kan verhoog, en dit kan uiteindelik in boere se guns tel.
 
Hy sê tans kry ’n boer R15,25 per kilogram vir speenkalwers wat hy lewer. In Desember verlede jaar het dié prys op tussen R23,00 en R25,00 per kilogram gestaan.
 
Weiding
Intussen trek veeboere in die sentrale dele van die land swaar wat weiding betref. Ferreira, wat buite Bethlehem in die Oos-Vrystaat boer, sê die reën wat in Junie voorgekom het, het die toestand van sy weivelde ’n bietjie verbeter.
 
“Ons hoop dat dié reën en ’n bietjie stofnat in September ons sal deurtrek na Oktober, hoewel die veld al plek-plek wil bot ná die reën,” vertel Ferreira.
 
Karige weiding lei daartoe dat boere meer op veevoer moet staatmaak. Dít verhoog produksiekoste, wat die veeboer se reeds lae inkomste verder knou.
 
Ferreira sê die droogte, wat tot minder weiding en die verkleining van kuddes gelei het, is die grootste kwessie rakende boere se vleisprys-situasie.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/07/23 11:10:25 AM

Is dit dat hulle nie hulle aankope beplan nie of is dit dat hulle vertrou dat hulle nie ingedoen sal word nie ? Miskien moet die verbruiker net deeglik ingelig word dat goeie christen beginsels nie meer geld as dit kom by besigheid nie. Dan "regeer" mamon!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights