Deur ALANI JANEKE
9 Julie 2012

501 keer gelees | 0 kommentaar

Boere met plantasies in Mpumalanga hou asem op om te hoor wat met ’n bosboustaking gebeur waar stakers brandbestryders intimideer.


Bewerings van stakende bosbouwerkers van die Suid-Afrikaanse Bosboumaatskappy (Safcol), wat glo aangedui het dat hulle ’n hofbevel teen intimidasie sal ignoreer, laat bosbouboere in Mpumalanga asem ophou. ’n Interdik is verlede week verkry wat die stakende werkers verhinder om vrywilligers wat bosbrande wil help bestry, te intimideer.

Me. Lorain Haig, woordvoerder vir van die boere in die omgewing, sê geen voorvalle of brande het oor die naweek voorgekom nie. Sy sê hulle is bekommerd oor die nuwe bewerings en gerugte wat die ronde doen.

Die maatskappy is tans in onderhandelinge met die vakbond vir werkers in die voedsel- en verwante bedrywe (FAWU) oor looneise. ’n Loongeskil is verlede week verklaar ná werkers ’n 15%-verhoging geëis het, en die maatskappy op 8% vasgestaan het.

20 brande
Mnr. Lesley Modimele, woordvoerder vir die maatskappy, het vroeër aan Landbou.com gesê dit kan nie bewys word dat van die brande wat gestig is, deur die stakende werkers begin is nie.

Bewerings is gemaak dat van die brande wat verlede week op aangrense boere se plase voorgekom het, deur die werkers gestig is as vergelding omdat die boere brande in SAFCOL se plantasies gaan help beveg het.

Mnr. Kevin Kay, wat op ’n aangrensende plaas, Gradely, boer, sê hy vermoed so ’n brand is in een van sy plantasies gestig. Tussen 7 ha en 8 ha van sy bome is beskadig, maar die hout kan steeds verkoop word. “As die bome nog jonk was, sou ons skade baie groter gewees het.”

Kay sê altesame 20 brande het verlede week in die omgewing voorgekom. Hy sê al die brande kon nie natuurlik voorgekom het nie, want koue, klam en windstil toestande het geheers.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights