deur ALANI JANEKE
8 Oktober 2012

1182 keer gelees | 0 kommentaar

Boere vra vir hulp na 'n verwoestende brand in die Kuruman-distrik.


Gerugte doen die ronde dat die brand wat sowat 60 000 ha veld in die Noord-Kaap afgebrand het, deur stakende mynwerkers op Kathu gestig is. Mnr. Johan van Rensburg, hoof uitvoerende beampte van Agri Noord-Kaap, sê die brand woed tans voort. “Dit het in die Kuruman Hills-bergreeks tussen Kuruman en Daniëlskuil inbeweeg, en dis onbegaanbare terrein. En die wind is blykbaar stormsterk.”

 Volgens Van Rensburg is sowat 20 plase geraak, en hulle wil op nasionale vlak hulp vra aangesien die Vrystaat reeds vroeër vanjaar onder erge brande deurgeloop het en baie boere daar ook van hulp afhanklik is. Hy sê hulle het by die rampbestuurdienste op Kuruman om lugsteun aansoek gedoen. Dié versoek is na die Weermag verwys, wat nou moet besluit of helikopters beskikbaar is om boere by te staan om die brand te blus.

Benodigdhede
Agri Kuruman het intussen ’n versoek uitgestuur vir hulp. Boere het lusern nodig vir sowat 5 000 stuks vee, diesel, vragmotors en kontant. “Die organisasie het die vrymoedigheid om by u vir dringende hulp aan te klop. Enige bydrae sal gewaardeer word. Skakel gerus die kantoor by 053 712 3544.”

Me. Hettie du Plessis, verteenwoordiger van die Kathu Gazette, sê ligte reën het Maandagmiddag 8 Oktober 2012 op Kathu begin uitsak en hulle hoop dit sal help om die brand te blus. Die brand het op Donderdag 4 Oktober 2012 ontstaan, en kon teen Sondag 7 Oktober 2012 naby die Luhatla-weermagbasis onder beheer gebring word.

Belangstellendes kan ook ’n kontantbydrae vir boere op Kuruman in die volgende rekening deponeer:

Agri Kuruman

Absa taknommer: 334202

Rekeningnommer: 4056768781

Verwysing: Brand


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights