Deur ALANI JANEKE
15 Augustus 2012

823 keer gelees | 2 kommentaar

Boere maak hul harte en hande wyd oop nadat brande groot hoeveelhede voer en weiding in die Vrystaat verwoes het.


Sedert Maandagoggend (13 Augustus 2012) word die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat (RPOVS) oorval met oproepe en skenkings van voer, weiding en kontant. Dít volg op brande wat oor die langnaweek groot verwoesting in sekere dele van die provinsie veroorsaak het.
 
Die organisasie kon nog nie ’n opname van al die skenkings doen nie, “want ons kry nie tyd tussen al die oproepe en skenkings deur nie,” sê me. Karien Annendale, kantoorbestuurder. Sy sê dit is verstommend om te sien hoe die boere mekaar bystaan.
 
Sy moedig enigiemand wat steeds wil help aan om hulle by vrystaatrpo@vodamail.co.za of 051 451 2314 te kontak.
 
Bang
Intussen sê mnr. Neels de Villies, voorsitter, boere regoor die provinsie hou asem op ná brandwaarskuwings vir Woensdag (15 Augustus 2012) uitgereik is. Hy sê ’n wind van sowat 50 kilometer per uur waai oor groot dele van die provinsie, en die waarskuwing is veral aan boere in die sentrale en westelike dele gerig.
 
In die naweek se brande het “baie wild” en “heelwat vee” doodgebrand, vertel De Villiers. Hy sê in die omgewing van Dewetsdorp en Wepener het sowat 50 000 ha sedert verlede week afgebrand.

Naby Memel het tussen 60 000 en 70 000 ha in die slag gebly. ’n Verdere 6 000 ha het in die omgewings van Kroonstad, Viljoenkroon en Vredefort in vlamme opgegaan.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Jannie

2012/08/16 08:13:53 AM

Mooi gedoen boere,DIT is n bewyse dat ons volk nog saam kan staan en mekaar kan help.Saam kan ons n groot verskil maak.


Marelize Keyter

2012/09/06 04:15:03 PM

Doen 'n ma se hart goed om haar kinders se werk so te sien.... Die foto is weliswaar nie in my grootwordwêreld, Memel, geneem nie, maar my kinders se grootwordwêreld, die Springbokvlakte naby Crecy. Sus se foto en boet wat help vuurslaan - dit doen moederhart trots aan. Net so trots as om te kan sê: Ek is deel van hierdie boerenasie, hierdie uitgesoekte groepie wat steeds vasbyt omdat hul harte aan Afrika se grond verknog is...

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights