5 September 2012

1394 keer gelees | 2 kommentaar

Mnr. Cor Jansen van Vuuren, voorsitter van Agri Noordwes, het ’n beroep op boere gedoen om hul gedrag dop te hou.


‘‘Berigte soos die een wat vanoggend in die koerant is, foeter ons beeld op.’’

Jansen van Vuuren het op Agri Noordwes se kongres by die Mmabatho Palms Hotel in Mafikeng gereageer op ’n koerantberig wat vanoggend in die dagblad, Beeld, verskyn het.

Luidens die berig verskyn mnr. Mathys Cloete (69) en sy seun Danie (34) vandag in die landdroshof op Vryburg op aanklag van moord nadat hulle glo ’n plaaswerker met motorkabels doodgeskok het. ’n Ander werker is blykbaar erg aangerand en word tans in die Mahikeng-hospitaal behandel.

Die slagoffers se name is nie bekend nie.

Mnr.Carel van Heerden, die Cloetes se prokureur, het gesê die mans sal die bewerings teen hulle ontken, maar wou nie meer sê voordat getuienis in die hof aangebied is nie.

Die Cloete-plaas is in die Tosca-omgewing, noord van Vryburg, naby die Botswana-grens.

Prof. Piet Croucamp, politieke ontleder aan die Universiteit van Johannesburg, sê een boer wat ‘‘dit verloor’’ beskadig die beeld van die boer en dan word die harde beeldbouwerk van die afgelope ses jaar ongedaan gemaak. Croucamp was een van die sprekers op Agri Noordwes se kongres.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


cj

2012/09/06 02:01:05 AM

We will never be a nation that stands together. Dit lyk soos ons Boere daal al hoe laer!


danie

2012/11/07 09:34:21 PM

Ek wil net graag vir Mnr'e Cor jansen van Vuuren en prof Piet Croucamp se,dankie vir jul ondersteuning en oordeel.Jul was nie by om te kan oordeel nie,of te se:"dit verloor"nie.Miskien het die boer n swak beeld in die land oor " christine" soos jul wat ander oordeel.Ja ons optrede was nie reg,maar het U al daarin gedink dat ons onskuldig is en baie dinge aangeblaas is om ons sleg te maak en te kruisig voor U ons oordeel as n swak beeld vir die boer.Miskien het die afrikaner n swak beeld oor juis die rede,dat ons mekaar oordeel vandag en more wil saam boer!Bewyse is swart op wit dat ons geen moord gepleeg het,maar geen "afrikaner" blaas dit aan nie.Ten slotte,ek weet nie wat jul ouderdomme is maar ek wet jul is ouer as ek en dat jul aanspreeklik gehou kan word vir apartheid.Ek is inteendeel nie van daardie era en weet nie eers waaroor dit gaan,maar ek word onder dieselfde kam geskeer.Al wat ek kan se is dat my God groot is en Hy my hart ken en wat jul ook al van ons se geen vatplek sal kry en ek sal net bid vergifnis teenoor almal wat die oordeel uit God se hande wil neem...........

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights