Deur JOHAN NORVAL
2 Augustus 2012

1222 keer gelees | 6 kommentaar

Die toekoms van alle Suid-Afrikaners is in die hande van die landboubedryf, sê mnr. Max du Preez.


Mnr. Max du Preez, politieke ontleder en oud-joernalis, sê as die land se produsente faal, faal Suid-Afrika, want sonder ’n gesonde landbou gaan die land gou ’n mislukte staat word.

Du Preez het op die jaarkongres van Vrystaat Landbou (VL) in Bloemfontein gesê dit is tyd vir landbouers in Suid-Afrika om baie meer strategies te raak.

“Neem die wind uit die seile van julle kritici en teenstanders. Tree só op dat mense verby hul vooroordele dat julle gronddiewe is, kyk en julle as werkgewers en kosvoorsieners sien,” was sy pleidooi. “Neem inisiatiewe wat die land se mense van jul goeie trou en bedoelinge oortuig.”

Du Preez het bepleit dat die produsente self die voortou met die vestiging van nuwe swart boere neem en hulle help om ’n sukses te maak.

“Maak dit onmoontlik vir die willewragtags en die korruptes en die magsbeheptes om julle in ’n hoek te dryf deur seker te maak julle word deel van die oplossing. Wys vir die hele land en die hele wêreld wat dit werklik beteken as ons sê: ’n Boer maak ’n plan.”

Grond lei tot groot konflik
Die konflik tussen wit en swart in Suider-Afrika die laaste 200 jaar en vandag nog draai om grond. Vir Afrikaners en vir swart mense is grond ’n hoogs emosionele ding.

“Dit is tyd vir ons almal, ook die boere van die Vrystaat, om ons vooroordele, ons dogma en ons ideologieë waaraan ons so vaskleef, vir gesonde pragmatisme en teen-intuïtiewe besluit en leierskap te verruil,” sê hy.

Die boere van Suid-Afrika sukkel om die onregverdige, slegte beeld wat hulle onder dele van die swart bevolking het, af te skud. “Julle sal doodgewoon harder daaraan moet werk, hoe onredelik jul kritici ook al is.”

Hy het bevestig dat die ANC nie die grondwet kan verander nie omdat hulle nie genoeg steun in die Parlement het en nooit sal hê nie. “Ek staan daarby. Ek dink daar is ’n uitstekende kans dat die ANC goed onder die 60 persent steun in die volgende verkiesing in 2014 gaan kry en ek is oortuig daarvan dat hulle minder as 50 persent in 2019 gaan kry.”

Die korrupsie, ryk lewenstyl en ondoeltreffendheid van die ANC-regering is deels daarvoor verantwoordelik.

Volgens Du Preez moet almal kalm bly as Julius Malema en ander blaas en raas oor grond afvat en nasionaliseer, aangesien die ANC doodgewoon nie ’n groot genoeg meerderheid in die Parlement het om die Grondwet te verander nie en dit ook “nooit sal hê nie”.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Anton

2012/08/03 06:12:07 AM

'n Positiewe boodskap. Die probleem is net dat oneiening nie beleid hoef te wees nie. Dis maar 'n kwessie dat dit subtiel gebeur. In HArrismith en nou ook iewers in die rand veg die boer 'n alleen stryd om die plakker weg te kry. Sy geld en ander wette maak dit 'n lang en uitgerekte saak. Het self twee jaar gesukkel om 'n gedroste werker van die plaas af te kry. Dis nou daai ander wette oor arbeid en dept van grondsake wat finale sê het. Die plek is te min hier om van nog voorbeelde te praat.


Louise Beetge

2012/08/03 01:32:52 PM

Too little but not too late - Die antwoord is in paradigma skuif! !! Kontak my :-)


Ian

2012/08/03 11:54:31 PM

Lyk my Max het aansien in die ANC verloor!!! Nou word n ander storie gepraat as n paar jaar gelede!!! Dink seker ons kan nie onthou. Weer n heuningsmeerdery soos toe die VF+ gestig is. Ou laai van die "New World Order"


Louis Meintjes

2012/08/06 08:15:37 AM

TLU SA se dit die afgelope jare, maar dit was telkens geignoreer. Nou kom iemand wat niks van Landbou weet nie en raak dit kwyt en die media slurp dit op Gaan my verstand te bowe


Louise Beetge

2012/08/06 10:24:04 PM

Goeie dag mnr Meintjies - dit is nou ' n welkome aanmerking van u. Ek het alreeds geruime tyd gelede n informele sinvolle voorstel aan mnr Bennie van Zyl gedoen wat van die tafel gevee is. Ek weet ook niks van landbou maar sal graag die voorstel met u deel as u my die geleentheid sal gee


Louise Beetge

2012/08/08 03:36:50 PM

Met die oog op Vrouedag wil ek graag die volgende aanhaling deel. Baie treffend en as dit reg geinterpreteer word baie toepaslik : The Adventure of life is to learn. Thr purpose of life is to grow. The nature of life is to change. The challenge of life is to overcome. The essence of life is to care. The opportunity of life is to serve. The secret of life is to dare. The spice of life is to be friend. The beauty of life is to give.....

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights