19 Julie 2012

1816 keer gelees | 0 kommentaar

’n Oryx-helikopter moes gebruik word om kospakkies na mense te neem wat gestrand is op plase in die distrik Beaufort-Wes.


Die onlangse gure weer het daartoe gelei dat helikopter-personeel, paramedici en vrywilligers kospakkies met ’n Oryx-helikopter op tien afgesonderde plase in die distrik Beaufort-Wes moes aflaai. Die kospakkies is deur die Mustafadin-stigting in Kaapstad geskenk.
 
Paaie is onbegaanbaar gemaak deur sneeu wat die afgelope naweek in die omgewing geval het. Hoewel temperature intussen geklim het, word nóg koue weer teen die komende naweek verwag.
 
“Ons almal sit en kyk nou maar wat die weer maak. Die vraag is wanneer die sneeu gaan smelt,” sê mnr. Déan Gous, sekretaris van Agri Wes-Kaap se distrikslandbouvereniging Beaufort-Wes.
 
Mnr. Malcolm Lawrence, bestuurder van beskermingsdienste by die Beaufort-Wes se munisipaliteit, sê egter dit wil voorkom asof die grootste weerprobleme in die omgewing vir eers verby is.
 
Bron: Die Burger
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights