Deur ALANI JANEKE
29 Junie 2012

785 keer gelees | 1 kommentaar

Met ’n dringende hofbevel wat op 3 Julie voorkom om die staat te dwing om skoon drinkwater aan Carolina te lewer, beoog boere ook regstappe.


’n Dringende hofbevel kom Dinsdag (3 Julie 2012) in die Pretoriase Hooggeregshof voor om die staat te dwing om skoon drinkwater aan die gemeenskap van Carolina te verskaf.

Dr. Koos Pretorius, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, sê suurmynwater kom sedert die begin van die jaar in inwoners se krane voor.

Die situasie het intussen onhoudbaar geword en Beeld berig dat die federasie, Regslui vir Menseregte, Regshulpraad en die Bekommerde Inwonersvereniging Silobela die regstappe gedoen het. “Die krisis vererger daagliks. Menseregte word geskend terwyl die Regering sukkel om die myne se kastaiings uit die vuur te krap,” aldus Pretorius.

Die respondente in die saak is me. Edna Molewa, die Minister van Waterwese, haar direkteur-generaal, die burgemeesters en munisipale bestuurders van die plaaslike owerheid en dié van die Gert Sibande-distriksraad, asook die Inkomati Catchment Authority. Die eis is behoorlike drinkwater vir Carolina, Silobela en Caropark.

4 000 stuks vee
Volgens Pretorius sal ’n saak wat deur boere aangevoer word, kort op die hakke van die eerste hofaansoek volg. Hy sê sowat 2 200 beeste en 2 000 skape is vir drinkwater afhanklik van die Nooitgedacht-dam, wat water aan Carolina verskaf, en die Boesmanspuit.

Die boere kan hulle glo nie op die gebruik van grondwater verlaat nie, aangesien die gehalte daarvan te swak is. “Die tweede aansoek sal ook ’n dringende aansoek wees wat op die breër omgewing fokus,” verduidelik Pretorius.

Langtermyn-bedreiging
Intussen sê mnr. Hennie Laas, hoof uitvoerende beampte van Mpumalanga Landbou, mynbou-aktiwiteite en besoedeling van water en lug hou ’n groot bedreiging vir die provinsie se landbou in, “veral op lang termyn.”

“Die omgewing ly daaronder, en een van die groot newe-effekte is lugbesoedeling wat suurreën en roes tot gevolg het,” vertel Laas.

Bron: Beeld


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Alani Janeke

2012/07/04 09:01:17 AM

Laat berig: Pretorius sê die regter in die saak het Dinsdag uitspraak voorbehou tot Dinsdag, 17 Julie 2012. Die gemeenskap hoop dat die regter sal ag slaan op hulle versoek in die hofstukke dat die munisipaliteit binne 24 uur skoon drinkwater moet voorsien. Verder is boere wat ook 'n saak beplan, besig met navorsing oor die effek van die water op hul vee.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights