Deur ALANI JANEKE
18 Januarie 2012

1489 keer gelees | 3 kommentaar

Boere wat hul boerderybedrywighede na die Kongo uitgebrei het, sit tans skouer aan die wiel vir hul eerste oes.


Boere wat hul boerderybedrywighede na die Kongo uitgebrei het, sit tans skouer aan die wiel vir hul eerste oes.

’n Opgewonde mnr. André Botha, voorsitter van Agri Kongo, het aan Landbou.com gesê: “Ek skud tans my longe uit op ’n pad in die Kongo, maar dinge lyk baie goed hier.”

Dr. Theo de Jager, voorsitter van Agri SA se Afrikakomitee, sê die eerste groep boere het reeds begin om sowat 2 000 ha van die 80 000 ha wat die land se regering aan hulle toevertrou het, skoon te maak en om te ploeg.

“Die manne sê dinge lyk goed. Hulle maak tans sowat 80 ha per dag skoon. Hulle wil plant voordat die erge reëntyd in Maart aanbreek.”

Die groep moet hul eerste mielie-oes gedurende Augustus en September lewer ingevolge ’n ooreenkoms met die Kongolese regering en die World Food Programme. Botha het in Junie verlede jaar aan Landbou.com gesê: “Ons het reeds die eerste leweringskontrakte vir mielies vasgestel op rondom R2 400 per ton.”

Grensposte
Die groep het hul reis na die Kongo Brazzaville met ’n groot konvooi van vragmotors vol werktuie en ander toerusting reeds in Desember 2011 aangepak. Volgens De Jager het die groep teëspoed by die grensposte van Angola gehad.

“Die konvooi was groot en die boere het baie toerusting gehad om deur te neem. Die beamptes hulle erg geteister vir omkoopgeld om die konvooie deur te laat. Maar hulle is gelukkig nou daar en dinge lyk goed,” vertel De Jager.

Dié eerste groep boere sal meestal mielies en rys plant, terwyl ’n tweede groep binnekort sal vertrek om te begin voorbereidings tref om bloekomplantasies aan te plant. De Jager sê dié groep word gefinansier deur ’n Kanadese maatskappy en die nodige toerusting en saad sal van Europa af ingevoer word.

18 Januarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/01/20 01:46:21 AM

Watter vereistes is daar om in Kongo te gaan vestig. Is boere wat soontoe trek daar vergoed of net tydelik?


corlivdm

2012/01/18 04:03:42 PM

@Goedgedacht Ons wag tans op foto's van André, hou Landbou.com dop!


Goedgedacht

2012/01/18 02:47:39 PM

Waar is die foto's van die konvooi?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights