Deur CORLI VAN DER MERWE
21 Junie 2012

1424 keer gelees | 7 kommentaar

’n Boervrou van Baltimore in Limpopo is moontlik verlam nadat sy in ’n plaasaanval in haar bed, langs haar man, geskiet is.


Mev. Gloudien van Rensburg (65) is drie keer in ’n aanval op die Cosmopolite-wildsplaas buite Baltimore geskiet en sal moontlik verlam wees indien sy van haar beserings herstel.

Sy veg tans om haar lewe in die Medi-Clinic Limpopo in Polokwane. Mnr. Johan van Rensburg is langs sy vrou in sy bed doodgeskiet.

Die bebloede egpaar is Woensdag (20 Junie 2012) om 04:00 deur mnr. Francois Moolman, ’n professionele jagter, te hulp gesnel. Moolman bly in ’n ander huis op die erf.

Vier Amerikaanse toeriste wat op die plaas was om daar te jag, is deur die geweerskote wakkergemaak. Die toeriste het glo vier mans by die badkamervenster van die huis sien uitspring.

Die aanvallers het glo ’n gat in die elektriese heining om die plaashuis gesny en diefwering voor ’n badkamervenster oopgebuig. Daar word steeds na hulle gesoek.

Bron: Volksblad

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johan willemse

2012/06/22 10:34:05 AM

Innige meegevoel aan die familie en gemeenskap. Ek stem volmondig saam met Mnr van Rensburg, die tyd het aangebreek om rug styf te maak teen die ANC jeuliga. Dit is absoluut onaanvaarbaar wat aan die gang is. Ek stel voor dat die landbouers weer Pretoria blokkade doen vir pasr dae en so protes aanteken en soos die Taxi mense optree, dan word daar aandag gegee. So kan dit nie aangaan nie !


Victor Hayes

2012/06/22 11:29:14 AM

Dit is tragies. Ons land se regstelsel is net ten gunste van die kriminele. As ons kon saam staan was dit lankal tyd om oorlog te voer teen die swart gevaar. Dit is tyd dat ons boere gemeenskap optree teen die sogenaamde grond honger swart gevaar en dat ons boere hulle onbenutte grond oorneem en beset!!!!


JOHANN STRYDOM

2012/06/22 01:17:56 PM

HANNO, SORRY BOETA DALK SAL ALLES REG KOM AS ONS SELF BEGIN OPTREE


Anne-ke Venter

2012/06/22 02:34:37 PM

Genoeg is genoeg. So kan dit nie aangaan nie, iets sal baie vinnig en baie drasties gedoen moet word. My skoonseun is ook vermoor en aan die brand gesteek.


carel

2012/06/22 10:02:51 PM

Stem saam genoeg is genoeg maar almal praat net, jammer vir die Famielie


Adriaan

2012/06/25 09:49:00 PM

Weereens dieselfde ou storie 1 Geen honde 2 Geen alams.3 Ou mense 4 Onskuldig huis bediendes 5 Baie geld in die huis 6 Al ewige los praatjies in die huis en om die kampvure 7 Groot kluise het baie geld in 8 Dieselfde moodes opperandie word elke keer by n plaasaanval herhaal maar ons ou volkie kan mos nie leer nie hoeveel boere moet nog vermoor word voordat ons gaan besef ons vyande werk elke dag saam met ons ons moet ons monde voor hulle beheer.Baie sterkte aan die famielie ons dink aan julle.


Theo

2012/06/28 08:54:14 PM

Ek voel dieselfde as Johann, ons moet ook met die "necklace" begin want al word hulle gevang word hulle deur Zuma weer losgelaat. Genoeg is genoeg..... Ek is bitter

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights