6 Julie 2012

759 keer gelees | 2 kommentaar

Twee aanklagte van moord staar vier verdagtes in die gesig nadat mev. Gloudien van Rensburg van Baltimore ook gesterf het ná ’n plaasaanval sowat twee weke gelede.


Ná ’n boervrou van Baltimore vir sowat twee weke lank in ’n hospitaal om haar lewe geveg het, is sy Donderdagnag (5 Julie 2012) oorlede. Die 65-jarige me. Gloudien van Rensburg het ernstige beserings in haar nek en kop opgedoen toe aanvallers haar en haar man, die 77-jarige mnr. Johan van Rensburg, in hul bed geskiet het. Johan is op die toneel dood.

Luidens ’n berig op Beeld.com het Gloudien in die Mediclinic Limpopo in Polokwane gestref. Medici het die egpaar se drie kinders, Hanro, Irmi en Gloudie, na die hospitaal ontbied toe haar toestand versleg het.

Nog een verdagte
Supt. Ronel Otto, woordvoerder vir die Polisie, sê die aanklagte van poging tot moord en moord teen die vier verdagtes in aanhouding, sal nou na twee moordklagte verander word.

Intussen staar mnre. Samuel Machoga, Jonathan Mafifi, Elvis Kobe en Marcus Sithole ook aanklagte van gewapende roof en huisbraak in die gesig.
Otto sê ’n week voor die aanval het die mans glo in die egpaar se huis ingebreek.

’n Groep toeriste van Amerika, wat tydens die aanval op die Van Rensburgs se plaas gejag het, het vier mans van die toneel sien weghardloop kort ná hulle die skote gehoor het.

Reëlings vir Gloudien se begrafnis is nog nie bekend nie. Johan is verlede week ter ruste gelê.

Bron: Beeld


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Marius

2012/07/06 12:13:53 PM

Rasgedrewe?........Die persoon wat dit ontken het verseker n agenda daarmee.....enige bobejaan weet dat dit rasgedrewe volksmoord is. Die opleidingskampe waar Zuma self ook was het hulle baie presiese opleiding ontvang, en dit word by hierdie tonele bevestig dat dit steeds op die Donald Stockwell opleidings metodes plaasvind. Daar is naturlik uitsonderings waar die doodmakers se drang tot hulle deurdring en hulle maakhul eie hand wat hulle voed dood sonder om eers te weet hoekom...


Nick

2012/07/09 12:57:05 PM

As die moorde in Europa plaasgevind het was dit op Skynews,CNN en al wat kanaal is.NIEMAND gee om vir die blankes in Suid Afrika nie.Hier het ons al so blasé geword oor ons omstandighede in die land en die rede daarvoor is dat dit nog finansieel te goed gaan met ons mense.Slaap,jou wondersoete ding!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights