4 Julie 2012

840 keer gelees | 1 kommentaar

’n Boervrou van die Oos-Vrystaat, wat graag vir haar Arabier-reunperd sing, was onder die eerste ruiters om die eerste dag van die Fauresmith-uithourit te voltooi.


Met ’n tyd van 3 uur en 8 minute, teen ’n gemiddelde spoed van 23,6km per uur, het ’n boervrou van die Oos-Vrystaat en haar Arabierhings die eerste dag van vanjaar se Fauresmith-uithourit voltooi.

Vanjaar is die vierde keer wat die 28-jarige me. Carlette van Eeden en haar perd, Sanniesguns Jazz Xstream, aan di’e uitmergelende uithourit deelneem.

Luidens ’n berig in Volksblad het Van Eeden en haar man, Petrus, mekaar vyf jaar gelede by dié uithourit ontmoet. Sy is nou die ma van twee kinders en boer saam met Petrus op die plaas Lust, naby Verkykerskop. Hulle bedryf ’n bees- en skaapboerdery.

Van Eeden is ook lid van die Uithouritvereniging van Suid-Afrika (ERASA) se nasionale span wat aan die uithourit deelneem.

Afrikaanse treffers
Volgens die berig is Van Eeden baie tevrede met haar perd se vertoning. Sy vertel glo dat sy en die perd die terrein op die maat van ’n verskeidenheid ou Afrikaanse treffers afgelê het.

Die ruiterpaar het baie hard vir die uithourit geoefen en gereeld die langpad op die plaas na die beeste toe, saam aangepak.

Die uithourit beslaan ’n roete van 203km wat oor drie dae afgelê moet word. Die eerste twee dae se afstande is 75km, en die laaste dag se roete is 53km.

Me. Diena Smit, amptelike woordvoerder vir die uithourit, sê die eerste dag van die 39ste Fauresmith-uithourit het sonder enige ernstige voorvalle verloop. Altesame 389 ruiters neem vanjaar deel.

Bron: Volksblad


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/07/04 01:14:14 PM

Dit kos darem 'n perd met murg in sy pype om hierdie te doen - ek sal buig voor so 'n perd

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights