10 September 2012

938 keer gelees | 3 kommentaar

Borgtog van R2 000 elk is aan ’n boer van Lichtenburg en sy seun toegestaan ná ’n werker op hul plaas dood is.


Die staat het glo nie ’n sterk saak teen ’n boer van Lichtenburg en sy seun wat verlede week van moord aangekla is nie.

Op dié gronde en omdat geen bewyse van aanranding aan die hof voorgelê kon word nie, is mnre. Mathys en Danie Cloete Vrydagmiddag (7 September 2012) op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.
 
Bewerings dat die Cloetes glo twee werkers met oorleikabels (jumper cables) geskok het, het verlede week vir groot kritiek in die media gesorg. ’n Verklaring is ook deur die Polisie uitgereik waarin beweer word dat die mans die werkers geskok het, en dat een van die werkers daarna oorlede is.
 
Lt. Tebogo Tleko, ondersoekbeampte, het luidens ’n berig in Beeld Vrydag in die hof gesê: “Volgens my ondersoek wys dit die oorledene is met motorkabels doodgeskok en die beskuldigdes het dit gedoen.” Onder kruisondervraging is vasgestel dat die nadoodse ondersoek eers Vrydag uitgevoer sou word.
 
Kunsmatige asemhaling
Mathys het getuig dat ’n werknemer genaamd Tonto hulle Maandag (3 September 2012) ingelig het dat twee bande en 25 liter se diesel gesteel is. ’n Man wat die gesteelde goedere gekoop het, is op ’n buurplaas gevind en die twee diewe aan die Cloetes uitgewys.
 
Danie het getuig dat die Vryburg-polisiekantoor nie iemand na die plaas kon stuur nie en dat die kantoor op Piet Plessis berug is vir uiters swak diens.

Die werknemers is glo aangekeer en ’n onderonsie het tussen die boere, die werkers, die koper en Tonto ontstaan. Danie sê hulle het die werkers in ’n skuur aan mekaar vasgemaak en hy het Kop (die oorlede werker) en Aron, die tweede werker, gedreig met ’n porstok (prodder) wat nie batterye ingehad het nie.
 
“Toe, skielik, val hy reg agteroor. Die ander werkers het gesê dié epileptiese aanvalle gebeur baie met hom, veral ná hy gedrink het. Ons het hom losgemaak en water oor sy gesig gegooi,” het Danie gesê.
 
Moleko se plosslag het ál flouer geword en Danie het kunsmatige asemhaling op hom toegepas. Die Cloetes het met Moleko en Aron na die kliniek in Piet Plessis gejaag, waar Moleko dood verklaar is.
 
Bron: Beeld
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Piet Meyer

2012/09/10 04:50:38 PM

Mense En veral boere moet hulle sover moontlik weerhou daarvan om enige verklaring te maak sou hy betrokke raak by 'n voorval wat moontlik in die hof gaan draai. Dit is natuurlike instink om jou kant van die saak aan die publiek te wil stel,maar jy bind jouself aan 'n ondeurdagte verklaring wat beslis in die hof teen jou gebruik sal word. Laat jou prokureur maar die praatwerk doen. Ek is tog bly dat die gebeureopgeklaar word.


Martin

2012/09/11 12:44:05 PM

Lichtenburg??? Weet hierdie "joernalis" hoe ver is Lichtenburg van Piet Plessis af?


Johan v H

2012/09/11 04:06:44 PM

Ek is nie n dr nie maar ek is baie, baie seker dat jy nie met n motor battry dood geskop kan word. Maar dit is omdat daar onbeholpe polisie manne soos die Lt T Tleko is wat die Polisie n slegte naam gee en hoekom nikswerd skelms nie om gee om twee Ou mense wreed dood gemaak het soos wat hulle al velekere in die verlede gedoen is... Maar so op die nood die regeering sal nie om gee om skelms te vang nie... Want die helfte van hulle is self skelms

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights