deur ALANI JANEKE
8 Oktober 2012

591 keer gelees | 0 kommentaar

’n Myngroep help om die “grootste verldbrand in dekades” in die Noord-Kaap te blus.


’n Myngroep het ingespring en gehelp om ’n brand wat van Donderdag 4 Oktober 2012 tot Sondag 7 Oktober in die Noord-Kaap gewoed het. Die brand het naby Kathu ontstaan en is naby die Lohatlha-weermagbasis onder beheer gebring.

Van die boere in die distrik het aan Volksblad vertel dat hulle Donderdagnag slegs twee uur lank geslaap het. Die brand word as een van die grootstes in dekades in dié streek beskryf. Kumba Iron Ore, die eienaar van die Sishen-ysterertsmyn by Kathu, het werkers en vragmotors gestuur om die brand te help blus.

Duisende hektare
Mnr. Danie Joubert, voorsitter van die brandbestrydingseenheid, sê minstens 35 000 ha het afgebrand. Teen Sondagmiddag is die brand aan die oostekant van die basis onder beheer gebring, maar dit het weer aan die westekant begin opvlam. Sowat 75% van die Billy Duvenhage-wildreservaat het in die slag gebly.

Mnr. Christo Kruger, wat op die plaas Byron naby Kuruman boer, sê feitlik sy hele plaas het afgebrand. “Dis ontsettend. My huis staan darem nog,” het hy bewoë aan die koerant gesê. Hy boer met skape en beeste, en is nog nie seker hoeveel vee hy verloor het nie.

Die boere het hul dank teenoor Kumba Iron Ore uitgespreek vir sy hulp.

Bron: Volksblad


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights