Deur ALANI JANEKE
13 Augustus 2012

826 keer gelees | 0 kommentaar

Brande het die naweek verwoesting gesaai met ten minste een mens wat oorlede is en twee wat beseer is.


Sowat 76 000 ha het die afgelope naweek weens veldbrande in die Vrystaat in die slag gebly, terwyl honderde hektare in agt brande in die distrik Tzaneen afgebrand het.

Mnr. Simon Russouw, hoof van Working on Fire in die Vrystaat, sê Memel is die hardste getref met 50 000 ha veld wat verwoes is. Vee het ook doodgebrand, maar presiese getalle is nog nie beskikbaar nie.
 
’n Verdere 20 000 ha het in die Dewetsdorp-omgewing afgebrand, terwyl 6 000 ha naby Kroonstad, Viljoenskroon en Vredefort afgebrand het. Russouw sê hulle is nog nie seker hoe die brande begin het nie, maar die sterk winde wat die naweek voorgekom het, het die brande aangedryf.
 
Me. Sandy la Marque, hoof uitvoerende beampte van Kwanalu, sê hulle is bewus van erge brande wat in die noordelike dele van KwaZulu-Natal voorgekom het. “Ons het wel nog geen terugvoering gekry van enige skade wat op plase aangerig is nie.”
 
Agt brande
Intussen sê dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, agt brande het die naweek in die distrik Tzaneen gewoed. “Daar hang nog digte rook oor die vallei vanoggend (Maandag, 13 Augustus 2012)  en ek vermoed dat van die brande nog smeul.”
 
De Jager sê duisende hektare het afgebrand, maar finale syfers is nog nie beskikbaar nie.
 
Die brande het tot ’n groot tragedie gelei met mnr. Thinus Brandt wat voor sy 16-jarige dogter, Anicka, doodgebrand het. Anicka het haar pa Saterdagoggend (11 Augustus 2012) gehelp om ’n veldbrand wat op hul plaas gewoed het, te probeer blus.
 
Luidens ’n berig in Beeld het Brandt met ’n trekker na die brand gery in ’n poging om dit met water te blus, maar die wind was te erg. Hy het van die trekker afgeklim toe die vlamme in sy rigting begin beweeg het, maar volgens Anicka was dit te laat en die vlamme het oor hom beweeg.
 
Bron: Beeld
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights