Deur ALANI JANEKE
19 September 2011

872 keer gelees | 1 kommentaar

Vyf veldbrande woed in die Oos-Vrystaat en sowat 9 000 ha is reeds afgebrand.


Vyf brande woed in die Oos-Vrystaat met sowat 9 000 ha wat reeds afgebrand het, aldus die provinsiale departement van landbou, bosbou en visserye.

Mnr Malcolm Procter, die departement se adjunkdirekteur van bos- en veldbrandtoesig, sê een van die brande het Sondagaand (18 September 2011) naby Harrismith ontstaan.

“Ons het nog nie dié jaar baie brande in dié distrik gehad ná die groot skade wat verlede jaar aangerig is nie. Maar met ‘n wind van 35 km/h is ons Maandaag in die moeilikheid,” vertel Procter.

Working on Fire
Volgens Procter spook drie Working on Fire-spanne om die brande in die gebied te beveg, terwyl die hulp van helikopters ook ingeroep is. Twee brande woed in die Ficksburg-distrik, twee naby Harrismith en een tussen Clarens en Fouriesburg. Verlede jaar het sowat 70 000 ha tussen dié twee laasgenoemde dorpe afgebrand.

Dit is nog nie duidelik of van dié brande weens brandstigting ontstaan het nie, maar Procter sê van die boere wat geraak word, beweer dat van die brand naby die N3-hoofweg begin het.

Intussen sê mnr. Cor van Vuuren, voorsitter van Agri Noordwes, geen groot brande het die afgelope naweek in die provinsie voorgekom nie. “Mense vertel wel van brande wat sporadies voorgekom het, maar omdat die wind nie baie sterk was nie, kon hulle dit maklik blus.”

19 September 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2011/09/20 01:05:16 PM

Brandstigting aangeblaas deur brandwaarskuwings op weerberigte na SABC TV nuusuitsendings, niks anders nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights