Deur ALANI JANEKE
11 Julie 2012

718 keer gelees | 1 kommentaar

Dra by tot die voorkoming van veediestal deur te verseker dat jou vee ’n geregistreerde brandmerk het, vra die Rooivleisbedryfforum (RMIF).


Veediefstal in Suid-Afrika is geheel en al buite beheer en die impak daarvan bedreig die volhoubaarheid van veeproduksie in die meeste van die provinsies. In ’n verklaring beskryf die Rooivleisbedryfforum (RMIF) dié misdaad as ’n winsgewende onderneming.

Boere, spekulante, veeveilings, voerkrale en slagplase kan sonder dat hulle daarvan bewus is gesteelde vee ontvang en skuldig wees aan ’n misdaad. Vanweë die ernstige aard van die misdaad en die ekonomiese impak daarvan, het die forum ’n strategiese ondersteuningsplan bekend gemaak om dit te voorkom.

Gevolglik doen die forum ’n beroep op alle rolspelers om die strategie te ondersteun en seker te maak dat hulle help om die misdaad te voorkom.

Dringende versoek
“Dit wil voorkom of ’n groot deel van die veebedryf nie aan die voorskrifte en bepalings van dié wette (die wette wat reeds vir veediefstal bestaan) voldoen nie en dus nie voldoen aan die regulasies om veediefstal te voorkom nie,” aldus die RMIF.

Volgens kol. Oosie Oosthuizen, hoof van die land se veediefstaleenhede, is die nakoming van die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002) en die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) belangrik wanneer so ’n misdaad ondersoek word. “Die suksesvolle ondersoeke met betrekking tot veediefstalsake is afhanklik van die positiewe identifikasie van gesteelde vee en om eienaarskap in die hof te kan bewys.”

Met dié stellings in gedagte vra die forum eienaars om seker te maak dat hul vee volgens die voorskrifte van die Diere-identifikasiewet gebrandmerk word. Verder moet eienaars seker maak dat dokumentasie vir identifikasie en die vervoer van vee alle transaksies vergesel.

Aan alle veekopers, veeveilings, voerkrale en slagplase vra die forum om te weier om vee in hul besit te neem sonder dat die nodige dokumentasie die vee vergesel. Alle rolspelers moet ook seker maak dat dié dokumentasie vir 12 maande bygehou word.

Die forum vra verder dat alle veediefstaleenhede die wette streng moet toepas, veral vanaf 1 Januarie 2013. Die forum meen as die wette deur alle rolspelers toegepas word, meer veediewe aan die pen sal ry.



Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Susan du Plooy

2012/07/11 12:26:36 PM

Daar moet n sms lyn ingestel word waar jy net die merk toe kan sms en jy n onmiddelike terugvoer kan kry aan wie die merk behoort. Ons koop baie vee by verskillinde mense en het nie tyd om eers ondersoeke intestel nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights