Deur ALANI JANEKE
2 Augustus 2012

1080 keer gelees | 4 kommentaar

Veebrandmerke bly ’n probleem in Gauteng. Slegs 13,5% van die vee wat as gesteel aangemeld word, is gebrandmerk.


Optrede ten opsigte van brandmerke vir vee gaan in Gauteng verskerp word.

Alle lede van die polisie wat in landelike beveiligingsafdelings werk, gaan opleiding oor brandmerke ontvang. Dít volg nadat vasgestel is dat slegs 13,5% van alle vee in die provinsie wat as gesteel aangemeld word, gebrandmerk is.
 
Lt.kol. Johann Scott, koördineerder van veediefstal in Gauteng, het dié statistieke op ’n vergadering van die Veediefstalforum en Gautengse Rooivleisprodusente-organisasie (GRPO) bekendgemaak.
 
Mnr. Willie Clack, voorsitter van die GRPO, sê: “Die forum was dit eens dat die statistieke skokkend is.” Hy is daarvan oortuig dat veediewe hulle eerder sal toespits op vee wat nie gebrandmerk is nie, as vee wat wel gebrandmerk is.

“Die GRPO doen derhalwe ’n beroep op alle eienaars van vee in die provinsie om te verseker dat hulle aan die vereistes van die wetgewing oor brandmerke voldoen.”
 
Min of baie
Clack sê dit maak nie saak of ’n vee-eienaar een of duisend stuks vee besit nie. Die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002, artikel 7) bepaal uitdruklik dat die verpligting van ’n brandmerk op die eienaar van die vee geplaas word.

“Vee-eienaars moet ook besef dat as jy nie jou vee volgens wetgewing kan identifiseer ná ’n veediefstalklag nie, kan jy nie jou vee terugeis nie. Dit sal gevolglik verbeur verklaar word aan die staat.”
 
Die GRPO het op die vergadering die Polisie versoek om hom toe te spits op die nakoming van die wetgewing by veral veilings. Clack sê: “Dit is ook pertinent gemeld dat nie net die eienaars van vee beboet moet word as vee nie ooreenkomstig wetgewing geïdentifiseer is nie, maar alle betrokke partye.”
 
’n Voorstel deur Scott dat veediefstaleenhede ook by vrouelandbou-verenigings betrokke moet raak om vroue oor die misdaad in te lig, is deur die forum en die GRPO verwelkom.
 
Klik hier vir 'n gids vir die identifikasie van vee.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Madri

2012/08/03 05:49:16 PM

Ek het al vantevore op die RPO se Facebook komentaar gelewer oor die brandmerke. Het ons dan nie al gelees dat daar hoeveel duisende brandmerkregistrasies meer is as wat daar boere is nie. Wie dink jul sal sorg dat sy beeste gebrandmerk is, die diewe. Ons leef tog in meer moderne tye. Die vee identifikasie kan gerus ook bietjie meer modern raak.


mkruger

2012/08/06 08:18:58 AM

Ons sit hier met die probleem van die nuwe SA. Ons het seker van die dikste wetsboeke in die wereld maar net die paar idiote wat nog wetsgehoorsaam is hou by die wette. Die grootste meerderheid steur hulle nie aan die wet nie en kom daarmee weg...seker omdat ons van die "vriendelikste" wetstelsel in die weleld het...kriminele het ook regte. Of sal ons se die meeste regte. Probleem is dat soos ek dit verstaan is die meeste boere wit in die land...so ons kan nie die anderkleuriges hier blameer nie.


Gilles van de Wall

2012/08/06 11:00:00 AM

Hoekom die blaam op enige iemand plaas? As elkeen van ons bloot ons kant skoon hou en seker maak dat ons die regte ding doen dan behoort die wêreld klaar 'n beter en 'n meer positiewe plek vir ons almal te wees. Dis dalk 'n naiewe uitsig maar wette werk net as daar gehoor gegee word daar aan mnr mkruger, soos u self gesê het, en dus as elkeen begin om daar aan gehoor te gee is daar 'n kans dat ander ook begin daar aan gehoor gee maar as ons besluit om dit nie te doen nie om dat ander dit nie doen nie dan verloor ons die moontlikheid dat ander dit well kan begin doen. Naief soos dit klink en is, is dit moontlik vir Suid-Afrikaaners want die onmoontlike is nog altyd deur ons moontlik gemaak omdat ons Suid-Afrikaaners is en ons nie sommer gaan lê nie. Ons as 'n volk trek nog altyd saam wanneer dit nodig is en misdaad skreeu vir 'n volk in sy totaliteit om saam te staan.


mkruger

2012/08/08 01:23:05 PM

Gilles. 'n Kind leer by sy pa hoe om op te tree uit die voorbeeld wat gestel word. Die Volk wat jy van praat sien hulle self as verhewe bo die res(amper 'n vaderfiguur) so hulle moet uit wat hulle doen vir die minderes 'n voorbeeld stel. Nie kla as hulle vee gesteel word omdat hulle nie wette nakom wat al uit die vorige bedeling dateer en ander die skuld daarvoor probeer gee nie. Dit is al wat ek probeer se het.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights