Deur ALANI JANEKE
11 Junie 2012

571 keer gelees | 0 kommentaar

Verskeie boere in Mpumalanga het die afgelope naweek onder brandstigters deurgeloop en een boer het meer as ’n halfmiljoen rand se skade.


Mnr. Johan Neetling, plaasbestuurder by Spring Growth Estate naby Lothair, sê in ’n brand wat Vrydagaand (8 Junie 2012) voorgekom het, het hulle ’n klomp teerpale en sowat 100 bale voer verloor.

“Die skade met die teerpale skat ons op R300 000 tot R400 000, terwyl die bale elk sowat R250 werd was. So, ons skade is meer as ’n halfmiljoen rand,” vertel Neetling. Hy werk as bestuurder vir senior advokaat C.E. Puckrin op dié plaas.

Brandstigting
Neetling sê hulle het ’n saak van brandstigting by die Polisie aangemeld, want die plaas langsaan is op dieselfde aand ses keer aan die brand gesteek. Hy sê ’n verdagte is aan die Polisie uitgewys, maar hulle weet nie of hy vervolg gaan word nie, want hy is vrygelaat ná die man aan die Polisie gesê het hy is onskuldig.

Mnr. Hennie Laas, hoof uitvoerende beampte van Mpumalanga Landbou, sê boere het vier gevalle van brandstigting in die distrik Carolina by hulle aangemeld. “In ál die gevalle was die brand gelukkig klein, want die boere kon dit vinnig keer.”

Laas sê hulle wil boere in die provinsie waarsku om versigtig en op hul hoede te wees, want dit wil voorkom asof ’n veldtog vir brandstigting in die provinsie voorkom.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights