31 Augustus 2012

900 keer gelees | 3 kommentaar

Verbruikers word hard geslaan deur ’n prysverhogings van onderskeidelik 93c en 69c per liter vir petrol en diesel.


Brandstofpryse sal Woensdag (5 September 2012) met 8,4% styg, wat die prys van 95 oktaan-petrol in Gauteng op R11,97 per liter te staan sal bring. ’n Brandstofprysstyging van 93c per liter vir petrol en 69c per liter vir diesel is deur die Departement van Energie aangekondig.
 
Dié prysskok kan nié net aan hoë internasionale oliepryse toegeskryf word nie, maar luidens ’n berig op Fin24.com is dit ook die gevolg van ’n loonsverhoging aan petroljoggies.
 
Die prys van diesel sal in September rondom R10,95 per liter wees.
 
Nog hoër
Mnr. Dawie Roodt, senior ekonoom by die Efficiënt-groep, sê verdere verhogings kan in Oktober voorkom. Hy voorspel dat die brandstofpryse dan met tussen 20c en 30c per liter kan styg.
 
“Dít kan aan ’n sloeringseffek toegeskryf word. Die verswakking in die rand die laaste twee weke is nie in September se prys ingereken nie, en sal dus in Oktober se prys ingereken word,” verduidelik Roodt.

Hy sê die wisselvalligheid van die rand teenoor die dollar kan egter daartoe lei dat dié swak vertoning uitgeskakel word, wat dan ’n goeie invloed op brandstofpryse kan hê.
 
Bron: Fin24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GW RAAD

2012/09/01 11:22:54 AM

Ons betaal maar nou vir die E-tol fiasko. die rand se verswakking was nie so dramaties nie en die randdollar wisselkoers was ook maar stabiel. dit is tyd vir brandstof codesa want dit is die regering se melk koei saam met tolpaaie om ander rekeninge behalwe paaie reg te maak.


butch

2012/09/02 08:13:16 PM

hierdie hou geen geen goeie vooruitsigte in vir die produksie van voedsel en ook veral vir die armes nie - die gesegde dat mense nie vryheid kan eet nie , begin nou duidelik wys


VS boer

2012/09/03 06:39:20 PM

Nou dat ons boere weer moet voorberei vir die komende seisoen, jaag hulle die dieselpryse op, maar wat hulle nie aan dink nie, is dat dit ons is wat vir hulle pap op die tafel gee!!! Inset kostes raak net erger!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights