Deur ALANI JANEKE
18 Julie 2012

451 keer gelees | 1 kommentaar

Ná ekonome verlede week verwag het dat brandstofpryse verder kan daal, lyk dit dié week eerder of brandstofpryse in Augustus kan styg.


Volgens die nuutste, beskikbare inligting wil die voorkom asof die dieselprys volgende maand met tussen 8c en 10c per liter kan styg, terwyl petrol met tussen 5c en 15c per liter duurder sal wees.

Mnr. Dawie Roodt, senior ekonoom by die Efficient-groep, sê hy is verbaas oor dié wending. “Ek het self verlede week nog verwag dat die petrolprys gaan daal.”
 
Roodt sê die brandstofprys-verwagtinge is die afgelope maand baie wisselvallig weens die skommelings van die olieprys en die rand-dollar-wisselkoers. Die hoogste vlak wat die internasionale olieprys tot dusver dié maand aangeteken het, was sowat $103 per vat, met die laagste vlak wat rondom $96 was.
 
Die rand-dollar-wisselkoers se swakste vlak was R8,25 teenoor die dollar, terwyl die sterkste vlak R8,04 teenoor die dollar was.
 
Monetêre stimulasie
Roodt skryf die styging in die olieprys toe aan die verwagting van monetêre stimulasie omdat Amerika, Europa “en selfs China” se ekonomieë tans swak vaar. “Hoe slegter dit met die sterk lande gaan, hoe meer optimisties lyk die markte, want hoe groter is die kans vir bykomende monetêre stimulasie uit, byvoorbeeld, Amerika.”
 
Die verswakking van die rand is volgens Roodt ’n gevolg van internasionale, ekonomiese onsekerheid wat onder meer deur die situasie in Europa aangevuur word.
 
Die Departement van Energie maak Vrydag (27 Julie 2012) die brandstofpryse vir Augustus bekend.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


jaydon

2012/08/12 12:26:16 PM

ek hou an op hoogte bly so ek ra wil julle y nie op hoogte hou as die petrol prys styg ek is nog op skool a doen skool take oor die erband et petrol pryse dankie die uwe

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights