Deur ALANI JANEKE
13 Junie 2012

852 keer gelees | 0 kommentaar

’n Verlaging in die brandstofprys in Julie lyk waarskynlik, maar ekonome is huiwerig om te voorspel presies hoeveel dié verlaging sal wees.


Nóg ’n welkome verlaging in die brandstofprys kan volgende maand aangekondig word. Dalings van tussen 20c en 30c word verwag. Ekonome sê dit is tans baie moeilik om vas te stel of die verlaging beduidend sal wees, aangesien verskeie politiese en ekonomiese faktore ’n invloed op die internasionale olieprys en die rand-dollar-wisselkoers gaan hê.

Die Griekse nasionale verkiesing wat later dié maand plaasvind, gaan ’n groot beplande faktor vir internasionale groei en gevolglik die internasionale olieprys wees, sê me. Doret Jooste, ekonoom by KPMG. “Onsekerheid daaroor kan ook die rand laat verswak, wat ’n laer olieprys sal teenwerk.”

Jooste sê Woensdag (13 Junie 2012) se brandstofprysbepaling dui ’n oorverhaling van sowat 70c per liter petrol aan, terwyl die oorverhaling vir diesel sowat 50c per liter is.

Mnr. Dawie Roodt, ekonoom vir die Efficiënt-groep, sê dié oorverhalings sal nie maklik realiseer in die prysverlagings wat vir volgende maand verwag word nie. “Ek het ’n gevoel dat ’n daling van tussen 20c en 30c per liter petrol sal realiseer.”

Roodt sê hoewel die internasionale olieprys in die eerste 13 dae van Junie ’n laagtepunt van $92 per vat bereik het, het die rand in dieselfde tydperk sy swakste vlak in ’n lang tyd – R8,62 teenoor die dollar – bereik.

Trek die gordel in
Intussen het mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, voorspel dat moeilike tye vir die Suid-Afrikaanse ekonomie voorlê, veral wat die Europese krisis betref. Volgens ’n berig in Engineering News het hy in ’n debat in die Nasionale Vergadering gesê die krisis kan groeipatrone wêreldwyd laat verlangsaam, wat beteken verwagtinge rondom toekomstige begrotings moet ook verlaag word.

Gordhan het ’n versoek aan die Regering gerig om versigtiger te wees met geldbesteding. Hy sê strenger optrede is nodig om meer geld te spaar en geld in die regte rigtings te kanaliseer.

“Ons moet onsself voortdurend daaraan herinner dat dit belastingbetalers se geld is waarvan ons praat, en dat belastingbetalers ongeduldiger raak omdat ons nie voldoende waarde vir geld voorsien nie,” sê Gordhan.

Bron: Engineering News

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights