Deur ALANI JANEKE
27 Julie 2012

805 keer gelees | 0 kommentaar

Dit is “geensins goeie nuus” dat die prys van brandstof volgende maand weer gaan styg nie, sê Agri SA.


Die prys van diesel styg volgende week met tussen 14c en 15c per liter, terwyl petrol 22c duurder sal wees.

Die grootste rede vir dié styging is ’n styging die afgelope vier weke in die internasionale olieprys. Die olieprys was Vrydag (27 Julie 2012) sowat $108 per vat.
 
Ekonome het vroeër die maand verwag dat die brandstofprys in Augustus weer kan daal, veral na die rand sterk teen die dollar vertoon het en die olieprys onder $100 per vat was.

Die Departement van Energie sê vergeleke met die vorige prysbepalingstydperk het die rand-dollar-wisselkoers die afgelope maand versterk. Die gemiddelde wisselkoers was R8,26 teenoor die dollar.
 
Kon hoër wees
Volgens die departement het die goeie vertoning van die rand die olieprys teengewerk. Sou die rand nie so goed gevaar het nie, sou die verhoging vir diesel en petrol onderskeidelik 11c en 12c per liter hoër gewees het.
 
Mnr. Dawie Maree, kommersiële bestuurder by Agri SA, sê dié verhoging beteken ’n verhoging van R140 miljoen per jaar vir insetkoste in die landboubedryf. Hy sê die verhoging is “geensins goeie nuus nie”, veral aangesien verskeie boere tans hul saadbeddings vir nuwe aanplantings moet voorberei.
 
“Dit sal ook lei tot stygings in ander insetkoste, soos kunsmis,” verduidelik Maree. “Die styging is nie waarop die bedryf óf die verbruiker nou gehoop het nie.”
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights