Deur GERRIT SCHAAFSMA
29 Oktober 2012

9333 keer gelees | 5 kommentaar

Mnr. Anton Bredell het op ’n landbouberaad boere gewaarsku om nie hof toe te gaan oor eiendomsbelasting nie.


Mnr. Anton Bredell, minister van plaaslike regering in die Wes-Kaap, het op ’n landbouberaad op Stellenbosch boere gewaarsku om nie hof toe te gaan oor eiendomsbelasting nie. Hy meen dat boere besig is om oningeligte besluite te neem en hulself daardeur te benadeel.

“Die mense van my departement het baie gedoen om met die landbou te praat en die Wet op Eiendomsbelasting vir boere te verduidelik. Verlede jaar het ons ’n voorlegging voorberei, maar niemand in die landbou het daarin belang gestel nie,” het hy gesê.

Hy het vertel hoe hy vroeër in die jaar met boere in Beaufort-Wes ontmoet het en onsuksesvol met hulle onderhandel het oor die klagte wat hulle oor die nuwe eiendomsbelastingtarief (500% hoër) gehad het. “Van hulle is baie hardkoppig,” sê Bredell. “Hulle wil nie die slegte nuus hoor nie.”

Boere verloor hofsake oor belasting
Dié boere het die saak in die hof betwis, maar die uitspraak was nie in hul guns nie. Hy is bekommerd oor belastingbetalers van die distrik Bergrivier wat die saak wat hulle teen die munisipaliteit verloor het, na die Grondwethof wil neem.

“Hulle gaan ’n klomp boere bankrot maak as hulle aanhou om hierdie saak in die hof baklei. Hulle gaan nie hulp kry nie – die geld gaan uit hul eie sak moet kom,” s. Bredell. Sy boodskap aan alle belastingbetalersverenigings is dat hulle moet ophou om belastingsake in die hof te veg.

Hy het gepraat oor die sake wat belastingbetalers van die Swartland, Bergrivier en Beaufort-Wes teen munisipaliteite aanhangig gemaak het en uitgewys hoe al drie sake deur die munisipaliteite gewen is. Bredell sê daar is eintlik geen wenners in dié soort sake nie.

Die sake kos derduisende rande en indien die munisipaliteite verloor, sal hulle in elk geval die inkomste wat hulle verloor het, met nóg hoër belasting in die toekoms insamel. Bredell het boere aangemoedig om by munisipale bedrywighede betrokke te raak en om te probeer om saam met munisipaliteite te werk.

Kyk hier na 'n video waar Bredell praat oor boere en eiendomsbelasting.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


E. Laubscher

2012/10/29 11:59:34 AM

Mnr. Anton Bredell kan baie maklik praat van "Werk saam met die munisipaliteit" Dit is slegs moontlik om SAAM te werk as daar gewerk word. Munisipale dienslewering is werk. Indien mnr. Bredell die Ngwathe Munisipaliteit (Heilbron Parys Koppies Vredefort en Edenville) kan kom wys wat werk is en hoe dit gedoen word sal Heilbron Grondeienaars en Inwoners Vereniging met graagte ook saam met mnr. Bredell wil werk!


Saaiboer

2012/10/29 12:27:30 PM

Mnr. Bredell, 'n mens is geneig om teen enige onding wat jou bedreig te beklei, en dit is nou mos presies wat grondbelasting is. Indien amptenare nie so onbevoeg was en sulke helse selarisse vir hulleself verskaf het nie, sal grondbelasting in die eerste plek nie nodig gewees het nie. Die gemors is nou dat die "gravytrain" al hoe swaarder trek en belastings word eenvoudig net verhoog, jy gaan teenstand kry, maar die gulsigheid is te groot om dit te besef, dit sien jy huidiglik deur die hele land. Hou aan totdat julle 'n boikot kry teen die hele sieklike spul.


Botha van Niekerk

2012/10/29 12:34:32 PM

Oor die grondbelasting


LJ

2012/10/29 02:24:20 PM

Hoekom probeer hulle nie eerstens al die uitstaande ELEKTRISIETEITS gelde insamel in die informele nedersettings nie, en wat van hulle erf belasting wat maar net n benoeming is en geen invordering nie. Landelike grond en boere probeer n verskil maak, maar die staat baklei daarteen...


Retief

2012/10/30 10:07:24 AM

Mnr Bredell, u verduideliking hierbo het geen vleis om die been nie. Verder wil mense weet waarvoor gaan die grondbelasting, want ons sien dit nêrens nie. Dit laat n landsburger ook dink wat is ons land se werklike belastingskoers veral as ons brandstofpryse, e-tolpaaie ens in ag neem.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights