Deur ALANI JANEKE
12 Julie 2012

971 keer gelees | 3 kommentaar

Die Britse minister van landbou word uitgejou omdat hy nie weet hoeveel ’n liter melk in dié land kos nie.


Prysverlagings aan melkboere veroorsaak nie net in Suid-Afrika probleme nie, maar ook in Brittanje. Melkboere in dié land beoog om ’n vreemdsame optog te hou om daarop aan te dring dat melkprysverlagings wat op 1 Augustus vanjaar sal inskop, heroorweeg word.

Luidens ’n berig op Mail Online sal die verlagings daartoe lei dat verskeie melkboere sowat 25 pennies per liter melk verdien, terwyl dit sowat 30 pennies kos om ’n liter te vervaardig.

Mnr. Jim Paice, Brittanje se landbouminister, het Dinsdag (10 Julie 2012) in ’n radio-onderhoud gesê dat hy die protes-aksie deur die boere steun, hoewel hy nie militante aksies goedkeur nie. Hy meen dat die prysverlagings die bedryf kan verlam en dat dit melkboere kan dwing om die bedryf te verlaat.

Minister
Paice is ook uitgejou omdat hy nie in die onderhoud kon sê hoeveel ’n liter melk tans in supermarkte kos nie. Hy kon wel aandui dat sy gesin melk koop by ’n supermark wat ’n hoër prys as sommige groot groepe aan boere betaal. “Nee, my vrou koop dit (melk) die meeste. Maar ek het vasgestel waar dit vandaan kom.”

Die minister het wel opgemerk dat probleme binne die mark bestaan. “As jy sien dat die prys van ’n bottel water baie duurder is as dié van ’n liter melk is, dan is daar duidelik iets verkeerd met die mark.”

Paice sal later dié week aan ’n suiwelberaad in die land deelneem.

Bron: Mail Online


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Derek Crots

2012/07/12 11:18:26 AM

Ek dink die is werklik hardsseer dat die boer wat so baie duur inset koste het moet smeek vir 'n beter prys. Maar een ding weet ek wel die verbruiker is die een wat in die toekoms nie meer melk sal kan koop nie want daar sal nie wees om te koop nie. So die vraag sal dan moet wees wie gaan die hongersnood keer.


Ben Stander

2012/07/16 01:04:08 PM

Ons is baie gelukkig op ons ou dorpie hier in die Vrystaat waar ons melk direk aankoop teen R 5.50 per liter via die melkboer. Ek voel die melkboere moet saam staan en hul eie verwerkingsaanleg bou om melk te omskep in alle bruikbare vorms en dit dan te versprei en sodoende beter verdienste uit hul produk kry.Huidiglik word die boer uitgebuit deur die groot moonthede wat die melk verwerk en versprei! Neem Kennis asb; EK IS NIE 'n plaasboer of melkboer nie net gewone ou Jan publiek wat nie kan verstaan dat jy meer vir suikerwater(Coke) betaal as wat vir suiwel lekkerrrrrr gesonde melk gevra word nie. Ek glo melk moet teen bekostigbare prys gekoop kan word maar defnetief nie ten koste van die melkboer nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Charles Truter

2012/12/17 11:49:12 PM

Ek bly in New Zealand en die hele land se ekonomie is gebasseer op die prys van melk. Die mense vloreer en dit gaan goed met die land. NZ $ 1.00 = ZA R 7.35 op die oomblik. Ek kan nie verstaan hoekom melk boere hier so goed doen en in SA of UK moet sukkel om geld te maak nie. Iemand lieg vir iemand en daardie iemand maak ‘n pophuis vol geld. Miskien moet ons die supermakte vra hoekom is melk so duur terwyl boere sukkel?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights