Die "kaal boer" waaroor die bohaai gaan.
’n Advertensie waarin ’n kaal boer gebruik word om Richmond Ham se hamprodukte te adverteer, mag weer uitgesaai word.
Ná ’n verbod op ’n advertensie geplaas is waarin ’n naakte boer gebruik word om Richmond Ham se hamprodukte te adverteer, het Brittanje se
Agentskap vir Advertensiestandaarde (ASA) bepaal dié advertensie mag na die land se kassies terugkeer.
Die agentskap het bevind dat die advertensie se naaktheid in ’n “ligte luim” gebruik word in die handelsmerk se “As nature intended”-advertensieveldtog, en dat dit nie skadelik vir kinders is nie.Luidens ’n
berig op
Marketingweek.co.uk het sowat 370 verbruikers kapsie gemaak teen die gebruik van die advertensie, wat volgens hulle aanstootlik is en skadelik vir kinders kan wees.
FeiteSlegs 10 klagtes is ontvang oor die misleidende aard van die advertensie, waarvolgens
Richmond Ham Brittanje se enigste ham is wat van 100% natuurlike produkte vervaardig word. Die agentskap het bepaal dié inligting is misleidend, omdat dit in Ierland vervaardig word.
Kerry Foods, die maatskappy wat Richmond Ham produseer en adverteer, verwelkom die uitspraak, want dit stel hom in staat om steeds sy produkte te adverteer. Die maatskappy dink glo daaraan om die naakte boer in hul advertensieveldtogte vir volgende jaar te gebruik.
’n Woordvoerder vir die maatskappy sê hoewel hulle nie meer die woorde ‘‘Brittanje se enigste’’ mag gebruik nie, mag hulle steeds verwys daarna dat dié ham die enigste is wat in Brittanje beskikbaar is wat natuurlik geproduseer word.
Ten spyte van die verbod wat op die advertensie geplaas is, het dit bewustheid van die produk met dubbelsyfers laat styg.
Bron:
Marketingweek.co.uk