3 Julie 2012

648 keer gelees | 2 kommentaar

Tot 150 buffels gaan in die Nasionale Kruger-wildtuin van kant gemaak weens die voorkoms van beestuberkulose in die wildtuin.


Dié buffels word van kant gemaak as deel van ’n navorsingsprojek oor beestuberkulose in die wildtuin.

Die projek is vier jaar gelede begin toe radio-halsbande gebruik is om 200 buffels in die wildtuin vir dié hoogs aansteeklike siekte te monitor. Daar sal nou nadoodse ondersoeke verrig word op die diere wat van kant gemaak gaan word.

Beestuberkulose het in die 1950’s vastrapplek in die Kruger-wildtuin gekry toe van die wildtuin se buffels in kontak gekom het met beeste wat met die siekte besmet was.

Intussen het die siekte versprei na 12 ander diersoorte in die wildtuin, insluitend leeus, jagluiperds, koedoes, rooibokke en bobbejane.

Bron: Volksblad


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/07/03 10:29:27 AM

Nou waarom het n land grense en veeartse nodig en wette om die goed te beskerm wonder maar net.


M Du Plooy

2012/07/03 12:53:53 PM

Dis 'n ramp, met vandag se slimkoppe en al die tegnologie...... 'n Mens sou dink dat die navorsers al lankal 'n manier kon kry om die diere te ent en gesond te hou vir die nageslag. Die ou mensdom red en beskerm moeilik, maar kan gou redes vind om uit te wis! Wat gaan uit eindelik oorbly?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights