24 Julie 2012

856 keer gelees | 1 kommentaar

Suid-Afrika se kwynende heuningby-bevolking kan moontlik help om renosterstropery te bekamp, het twee skoolmeisies bevind.


’n Wetenskapprojek, wat behels dat heuningbye opgelei kan word om renosterstropery hok te slaan, is in Grahamstad aangewys as die streekwenner in Eskom se kompetisie vir die Jong Wetenskaplikes.

Dié idée word beskryf as ’n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se probleme met renosterstroping.
 
Louise Poole en Jame-Lee Stone, graad 9-leerders aan Kingswood-kollege, was die meesterbreine agter die projek. Luidens ’n berig op Nuus24.com het die meisies elk met ’n jaarlange studiebeurs aan die Universiteit van Rhodes weggestap.
 
Koedoehoring
Die twee leerders het ’n handvol bye opgelei om koedoe-horings op te spoor. Koedoe-horing is gebruik omdat die leerders nie renosterhoring in die hande kon kry nie. Stone vertel dat die bye geleer is om ’n renoster se reuk met suikerwater te verbind.
 
‘‘Bye het ’n kragtige reuksintuig . . . hulle kan ’n korrel sout in ’n swembad van Olimpiese grootte opspoor,’’ aldus Stone. Sy meen dit is maklik en goedkoop om bye na grensposte te vervoer waar hulle gebruik kan word om renosterhorings op te spoor.
 
Die projek sal in Oktober by die Nasionale Wetenskap-Ekspo in Pretoria ten toon gestel word.
 
Bron: Nuus24.com
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/07/25 08:58:36 AM

Wow!!! Nou moet hulle nog net opgelei word om skaapdiewe te help vastrek...en hulle gee nog heuning ook. Praat van waarde vir jou geld kry.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights