Deur ALANI JANEKE
10 Julie 2012

493 keer gelees | 0 kommentaar

Munisipale owerhede is deur ’n hof 72 uur tyd gegee om skoon drinkwater aan die gemeenskap van Carolina te verskaf.


’n Regter van die hooggeregshof het Dinsdag (10 Julie 2012) opdrag gegee dat die Gert Sibanda-streeksmunisipaliteit binne 72 uur skoon drinkwater aan die gemeenskap van Carolina moet verskaf. Dit volg ná die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FVO) en die Silobela- Bekommerde Inwonersvereniging (SBI) ’n dringende aansoek voor die hof gebring het.

Luidens ’n berig op Nuus24.com moet die munisipaliteit daagliks 25 liter drinkwater per persoon verskaf. Die burgemeester het ook opdrag van regter Moses Mavundla ontvang om by die FVO en SBI betrokke te raak om die waterprobleem op te los.

’n Behoorlike plan vir watervoorsiening moet ook binne ’n maand aan die hof gelewer word.

Water is skoon
Me. Edna Molewa, Minister van Waterwese, het intussen tydens ’n mediasessie in Pretoria gesê volgens toetse wat Dinsdagoggend ontvang is, is die dorp se water skoon. Sy het soveel vertroue in die water dat sy gesê het sy sal daarvan drink. “Ja, ek sal dit drink,” het sy gesê.

Die Minister sê hoewel die regter nie ’n regstreekse opdrag aan die departement gegee het nie, sal hulle met die munisipaliteit saamwerk om die probleem spoedig op te los. ’n Uitvoerbaarheidstudie word ook tans onderneem om die dorp se waterwerke op te dateer. Die departement het vroeër vanjaar die waterwerke geïdentifiseer as een van die projekte wat dringend aandag moet kry.

Myne moet betaal
Die departement is ook sedert Maart vanjaar besig met ondersoeke na wie die sondaar is agter die besoedeling van die omgewing se water. Sy sê die myne in die omgewing het hul volle samewerking gegee en sal betrek word by die suiwering van die water en die damme.

“Dit tyd het aangebreek dat die een wat besoedel, moet betaal om skoon te maak,” aldus die Minister.

Die gemeenskap van Carolina se kraanwater is sedert die begin van die jaar nie geskik vir menslike gebruik nie omdat suur mynwater daarin voorkom. Sedert die probleem geïdentifiseer is, het die departement reeds R5 miljoen gespandeer aan verskeie inisiatiewe om die probleem op te los.

Die boere
Intussen is boere in die omgewing steeds bekommerd oor die invloed wat die water- en lugbesoedeling van myne op hul boerderye kan hê. Volgens dr. Koos Pretorius, direkteur van die FVO, beoog ’n groep boere ook om ’n saak teen die staat te maak oor die skade wat hulle ly.

Mnr. Hennie Laas, hoof uitvoerende beampte van Mpumalanga Landbou, sê hulle is veral bekommerd oor die langtermyngevolge van die besoedeling. “Ons het verskriklike probleme om die kwessies wat aan die departement gerapporteer word, opgevolg te kry. En intussen word die waterbronne net ál meer besoedel.”


Bron: Nuus24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights