Deur ALANI JANEKE
17 Julie 2012

318 keer gelees | 0 kommentaar

Die kwessie oor Carolina se drinkwater is nog nie afgehandel nie. Plaaslike munisipaliteite wil appèl aanteken teen ’n onlangse hofbeslissing.


Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het verlede week gelas dat die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit binne 72 uur skoon drinkwater aan die inwoners van Carolina moet verskaf. Dr. Koos Pretorius, direkteur vir die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, sê die munisipaliteit het om appèl teen die beslissing aansoek gedoen.
 
Kort ná die hof se beslissing het me. Edna Molewa, Minister van Waterwese, aan die media gesê toetse toon dat die dorp se water vir menslike gebruik geskik is. Sy het selfs aangedui dat sy bereid was om die water te drink.
 
Pretorius het egter teenoor Business Report opgemerk dat toetse wat hy die week op die water gedoen het, steeds aandui dat suur daarin voorkom. Verskeie organisasies het vroeër die maand die dringende saak voor die hof gebring nadat suurmynwater glo van begin vanjaar af in die dorp se krane voorkom.
 
Verkeerde munisipaliteit
Volgens die berig sê mnr. Vusi Ngcobo, bestuurder van die distriksmunisipaliteit, die hof se beslissing moes teen die Chief Albert Luthuli plaaslike munisipaliteit gemaak word, een van die plaaslike munisipaliteite wat onder die distriksmunisipaliteit se jurisdiksie val.
 
Die distriksmunisipaliteit meen Regter Moses Mavundla was verkeerd om te beslis dat die kwessie dringend is en dat dié munisipaliteit drinkwater aan Carolina moet voorsien.
 
Die Legal Resources Centre (LRC) en die Regsverteenwoordigers vir Menseregte (LHR) sê hulle trek Molewa se stellings oor die stand van die water in twyfel, en hulle meen die distriksmunisipaliteit se appèlaansoek kan teengestaan word. Pretorius het aan Landbou.com gesê hulle sal aanvoer dat Regter Mavundla se beslissing nie opgehef nie, maar in bekragtig word.
 
Die hof moet Dinsdag (17 Julie 2012) beslis of die appèlaansoek toegestaan en die saak Woensdag (18 Julie 2012) aangehoor sal word.
 
Bron: Business Day
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights