Deur NICO VAN BURICK
12 Junie 2012

586 keer gelees | 0 kommentaar

Chinese beleggers in die landbou sê Suid-Afrika se boere presteer uitstekend, gegewe die gebrekkige staatshulp en die klimaat.


Suid-Afrika is onder die top dertig landbou-lande in die wêreld en die landbou presteer 33% bó sy verwagte vermoë, sê dr. Piet Croucamp, politieke ontleder, na aanleiding van  ’n gesprek met  ’n Chinese afvaardiging wat Suid-Afrika besoek het.

Hy het by Mpumalanga Landbou se kongres by Dullstroom gesê die groep Chinese was onlangs in die land om na landbou-beleggings te kyk. Uit ’n risko-ontleding beskou hulle Suid-Afrika as ’n voorkeurbestemming wat bo verwagting presteer as die gebrekkige staatshulp met subsidies en klimaatstoestande in ag geneem word.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie met net meer as 50 miljoen mense produseer vir 240 miljoen mense in Suider-Afrika.

Croucamp sê boere moet hulself net verpak as voedselprodusente en sakemanne en nie as Afrikaners met ’n ideologiese konsep nie. Hulle moet betrokke raak by die burgerlike samelewing en gewoond raak aan ’n politieke onbestendige omgewing.

Gerugte oor onteiening en grondbesetting
Hy sê by Mangaung gaan daar allerlei radikale uitsprake wees oor onteiening en grondbesetting. Dit sal twee later in die niet verdwyn en dan gaan dit nog net boere wees wat kwaad is. “Hulle is mos soos olifante. Hulle wil nie vergeet nie. Hulle loop rond en saai onmin en onrus onder mekaar en versprei die verskriklikste gerugte.”

Vir die volgende ses maande gaan julle nog dikwels kwaad word en dié onder julle wat regs is gaan nóg kwater word. Die ANC sit altyd die mees ekstreme op die tafel maar weet dat almal mekaar waarskynlik êrens in die middel sal vind. Suid-Afrika se politiek is  ’n opeenvolging van komplekse kompromieë en tot nou toe het dit goed gewerk.”

Croucamp sê sy innerlike gevoel sê boere moet vergeet van die storie dat iemand jou plaas gaan vat.  “Jy het aansienlik groter probleme. Die effek van mynbou en hoë insetkoste kan potensieel baie meer vernietigend as die dreigemente van grondhervorming wees.”

Volgens hom is daar  ’n algemene moegheid in die land vir die onbestendigheid binne die ANC. “Ons kan nie in Suid-Afrika nog  ’n termyn van Zuma bekostig nie.  ’n Groot deel van die swak bestuur en die onbestendigheid wat ons in die stelsel het, hou verband met die manier waarop hy president geword het en die wyse waarop hy regeer.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights