Deur ALANI JANEKE
21 September 2012

796 keer gelees | 0 kommentaar

Vier mans het Woensdag die bekroonde skrywer en dramaturg, Chris Barnard, op ’n plaas naby Nelspruit aangeval.


Mnr. Chris Barnard, bekroonde skrywer en dramaturg, is deur die gesig geslaan en het ligte beserings opgedoen toe hy Woensdagaand (19 September 2012) in sy opstal op die plaas Thuli, naby Nelspruit, aangeval is. Die 73-jarige skrywer is deur vier mans op sy familieplaas oorrompel en vasgebind. Hy is sowat 12 uur later deur werkers bevry.
 
Barnard vertel luidens ’n berig in Beeld dat hy net die aandnuus klaar gekyk het toe twee mans met rewolwers voor hom gaan staan het. Nog twee mans het agter die twee gewapendes gestaan.
 
Barnard se hande en voete is vasgebind. Die mans het die huis binnegekom deur ’n ruit uit ’n houtvensterraam te haal en die diewering af te breek. Een van die rowers het Barnard sowat twee uur lank aangehou terwyl die ander sy huis deursoek het na items om te steel.
 
Stoel
Sowat R150 kontant, huishoudelike ware, kos, ’n rekenaar, ’n brandkluis – wat uit die muur gebreek is – en Barnard se rooi Isuzu-bakkie is gesteel. Die mans het ook Barnard se dubbelbed gesteel, maar dít is by die plaashek afgegooi toe die mans van die toneel weggery het.
 
Voor die rowers weg is, het hulle Barnard aan ’n stoel vasgebind. Na die rowers weg is, het hy homself probeer bevry. In die gestoei het die stoel se rugleuning gebreek. Hy het later die stoel omgekantel om te probeer loskom. “Toe lê ek maar so op die grond en wag vir my werkers om op te daag.”
 
Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om kol. Gerrie Agenbag, speurtak-bevelvoerder, by 082 556 5308 te bel. Die bakkie se registrasienommer is DBZ 231 MP.

Vind meer uit oor misdaad in jou area: Kliek hier om na 'n interaktiewe kaart van misdaad in Suid-Afrika te kyk. 
 
Bron: Beeld
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights