deur ALANI JANEKE
8 Oktober 2012

476 keer gelees | 1 kommentaar

Me. Tina Joemat-Petersson moet afgedank word, sê DA.


Slegs 17% van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se beoogde teikens vir die 2011/’12-boekjaar is totaal afgehandel, terwyl 99% van die begroting bestee is, aldus die Demokratiese Alliansie (DA). Die party haal dié statistieke aan uit die departement se jaarverslag. Verhore oor die verslag sal op Dinsdag 9 Okotber 2012 deur die portefeuljekomitee in die parlement gehou word.

Die party sê in ’n verklaring 51% van die departement se doelwitte is gedeeltelik bereik. Die Ouditeur-generaal (OG) het in sý verslag opgemerk in 46% van gevalle kon die departement nie verduidelik hoekom spesifieke doelwitte nie bereik kon word nie.

Onderbesteding
Die OG het in sy verslag onreëlmatige uitgawes van R6,1 miljoen aangeteken, terwyl “vrugtelose en verkwistende uitgawes” op R12,2 miljoen te staan gekom het. Die DA sê onderbesteding het in baie gevalle voorgekom by swak punte in die departement.

Sowat die helfte van R36 miljoen wat die departement aan die verkryging van mobiele veeartsklinieke vir die program vir primêre dieregesondheidsorg moes bestee het, is nie bestee nie. “Dit verduidelik tot ’n mate die jammerlike staat waarin dieregesondheid in Suid-Afrika vandag verkeer en die gevolglike miljarde wat aan inkomste en werksgeleenthede verloor word,” aldus me. Annette Steyn, DA woordvoerder.

Volgens die verklaring het die departement nie ’n plan vir die bestuur van menslike hulpbronne vir die jaar nie en 949 vakatures bestaan binne die departement.

“Die uiteindelike verantwoordelikheid vir die prestasie van enige departement lê by die minister. Dit is duidelik dat Minister (Tina) Joemat-Petersson onbevoeg is om in ’n openbare amp te staan. Die DA sal volhou met versoeke dat sy met onmiddellik afgedank moet word,” aldus Steyn.

Landbou.com wag tans op terugvoer oor die DA se stelling vanaf die departement.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Brakanjan

2012/10/08 03:23:46 PM

Haai Tina! Gaan gee asb jou prysie, wat jy verniet gewen het in Frankryk, op jou rekening terug! Asb.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights