16 April 2012

716 keer gelees | 1 kommentaar

Die verslag oor hidrobreking en skaliegasontginning in Suid-Afrika moet bekend gemaak word, dring die DA aan.


Die verslag oor hidrobreking en skaliegasontginning in Suid-Afrika moet bekend gemaak word, sê die Demokratiese Alliansie.

Luidens ’n mediaverklaring is die party van plan om druk op me. Susan Shabangu, Minister van Energie, te plaas tot sy die verslag bekend gemaak het.

Ná regsaksie deur die Treasure the Karoo Aksiegroep (TKAG) het Shabangu vroeër vanjaar aangedui dat die verslag teen 31 Maart 2012 afgehandel sal wees. Intussen was daar egter nog geen sprake oor of die verslag voltooi is en wat die inhoud daarvan is nie.

Mnr. David Ross, woordvoerder vir die party, sê hy sal ’n brief aan die minister rig om vir die onmiddellike bekendmaking van die verslag te vra.

Die party sê die minister moet ook verduidelik hoekom verteenwoordigers van die Departemente van Energie en van Landbou, Bosbou en Visserye nie ingesluit is in die taakspan wat die verslag saamgestel het nie. Shabangu het dié taakspan verlede jaar aangewys ná ’n moratorium op die gebruik van dié mynmetode asook die myn van skaliegas in die land afgekondig is.

Raaiselagtig
Die party beskryf die situasie, waarvolgens geen kommunikasie tans oor die verslag en die moratorium plaasvind nie, as raaiselagtig.

Verlede week is in mediaberigte beweer dat die Batho Batho-trust, wat bande met die ANC het, 51% in Shell se plaaslike bemagtigingsbeen, Thebe Investments, besit.

Shell het verlede jaar aansoek gedoen om prospekteerregte vir skaliegasontginning in die Karoo. Deur middel van dié verbintenis besit die trust aandele in die oliereus se raffinadery en bemarkingsafdeling.

“As die staat aantygings in die kiem wil smoor dat hy die verslag oor hidrobreking vertraag omdat die gevolgtrekkings daarin nie die finansiële agenda van die ANC-verbonde trust bevorder nie, sal Shabangu die verslag sonder vertragings bekend maak,” aldus Ross.

16 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Bekommerde Boer van die Karoo

2012/04/17 08:37:04 AM

Werklikwaar, kan daar so eensydig opgetree word met inligting wat soveel mense se hele voortbestaan raak? Ek wonder of daar al iewers in die wereld nog sulke katneste van gekonkel en nepotisme en sommer net twyfelagtige leierskap bestaan. Hoekom kan die minister nie eerlik uitkom met die ware feite nie?? Dit voel baie dae dat indien hier iemand met die regte geld kom ek net my kar en klere sal vat en alles verder agterlaat, want om aan soveel verskillende fronte aanslae te moet trotseer is nie meer lekker nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights