Deur ALANI JANEKE
29 Junie 2012

876 keer gelees | 0 kommentaar

Die landbou verwelkom die daling van brandstofpryse in Julie, wat ’n besparing van R620 miljoen per jaar vir die bedryf kan beteken.


Dieselpryse daal op 4 Julie 2012 met sowat 61c per liter, terwyl petrol met tussen 85c en 89c per liter goedkoper sal wees.

Luidens ’n verklaring het dít ’n oorverhaling van sowat 23c op ’n liter diesel en 22c op ’n liter petrol tot gevolg gehad. Die rand het op sy swakste vertoon teen R8,42 teenoor die dollar.

’n Verlaging in die leiheffing, wat ’n bykomende heffing op petrol en diesel is wat deur die oliebedryf gehef word, het ook tot die laer pryse bygedra. Die heffing het van 10,9c per liter tot 4,38c per liter gedaal.

Besparing
Mnr. Dawie Maree, ekonoom by Agri SA, sê die laer dieselpryse is ’n welkome besparing van R620 miljoen per jaar aan produksiekoste vir die landbou. “Die daling is veral welkom met die oestyd wat nou einde se kant toe staan, terwyl lande weer bewerk moet word vir winteraanplantings.”

Volgens Maree is nog dalings later in die jaar moontlik mits die internasionale olieprys en die rand-dollar-wisselkoers stabiel op huidige vlakke bly. “Ek dink ons kan nog ’n verlaging in Augustus sien, of die prys kan heel moontlik dieselfde bly.”

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights