deur ALANI JANEKE
1 Oktober 2012

921 keer gelees | 0 kommentaar

Brandstofpryse skiet Woensdag verder die hoogte in, maar dit kan in November dalk daal, sê ’n ekonoom.


Sedert die brandstofpryse vir Oktober vanjaar aangekondig is, is ’n daling van 5c per liter reeds in brandstofpryse aangeteken. Mnr. Dawie Roodt, senior ekonoom van die Efficient-groep, sê dit is baie vroeg om te voorspel wat brandstofpryse in November gaan doen, “maar as dinge voortgaan soos nou, is ’n daling van 20c tot 30c per liter moontlik.”

Die Departement van Energie het Vrydag, 28 September 2012, bekend gemaak dat petrol van 3 Oktober 2012 af met 21c tot 23c per liter duurder sal wees. Terselfdertyd sal die prys van diesel met 39c tot 40c per liter styg.

Volgens die departement kan die styging toegeskryf word aan die rand se swak vertoning teenoor die dollar verlede maand. Dít het die petrol- en dieselprys met onderskeidelik 2,65c en 2,80c per liter verhoog.

R1 miljard impak op landboubedryf

Intussen sê mnr. Johan Pienaar, adjunk uitvoerende hoof van Agri SA, die dieselprysstyging wat die afgelope twee maande aangeteken is, lei op ’n jaargrondslag tot ’n styging van sowat R1 miljard in die koste van produksiemiddele vir die landboubedryf. Kwaai stygings het verbruikers op 5 September getref toe die petrol- en dieselprys met onderskeidelik 93c en 69c per liter gestyg het.

Pienaar sê indien prysstygings teen die huidige pas voortgaan, dit ’n baie nadelige effek op die mielie-planttyd gaan hê. Voorbereidings word tans op landerye getref voor die plantseisoen vir mielies aanbreek, en dit het ’n hoër dieselverbruik op plase tot gevolg.  


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights